Sponsored Content
SAKENUUS - Charlene’s dien reeds vir meer as 50 jaar die Karoo en Tuinroete en het oor die jare ’n betroubare naam geword vir gehalte materiaal, naaldwerkbenodigdhede en uitstekende diens.
Wat as ’n klein onderneming begin het, het gegroei tot een van die streek se gewildste bestemmings vir kreatiewe mense, kleremakers, naaldwerkers en handwerkentoesiaste.
Vandag bly Charlene’s die eerste keuse vir kliënte wat op soek is na kwaliteit, waarde en die grootste verskeidenheid materiaal.
Met meer voorraad as ooit tevore bied hulle die grootste keuse materiale in die streek. Charlene’s glo ook in billike pryse en verhoog nie sommer pryse net omdat brandstofkoste styg nie.

Hul nuwe reeks wintermateriale het reeds gearriveer en bied eindelose inspirasie om jou volgende projek aan te pak en jou kreatiwiteit na die volgende vlak te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’