Besighede wat deelneem, word gemeet aan die hand van ‘n professionele meetinstrument.
"Ons stel sekere standaarde en doelwitte vir effektiewe bestuur van personeel in die markplek. Besighede wat hulle aan die hand van ‘n professionele meetinstrument laat toets het, word in ag geneem vir beoordeling," het ds. Floors Meyer, voorsitter, gesê.
"Arbeidsbediening sien personeel as enige besigheid se grootste bate en voel daarom dat korrekte verhoudings van kardinale belang is vir die suksesvolle voortbestaan van ’n besigheid. Vanjaar se metingsproses het weer ‘n groot aantal inskrywings gelok en dit was ook die eerste jaar dat boerderye onder die inskrywings was."
Twee boerderye was onder die ondernemings wat toekennings ontvang het vir die uitstekende verhoudings wat met hul personeel gehandhaaf word.
Die ontvangers is soos volg:
Afdeling Klein Sakeondernemings: Meyer von Wielligh ontvang die skild in die afdeling asook ‘n sertifikaat van prestasie. George Skryfbehoeftes ontvang ‘n sertifikaat van prestasie.
Afdeling Mediumgroot firmas: Ruben Barnard raap die skild op en kry ‘n sertifikaat van prestasie. Teniqua Timbers ontvang ‘n sertifikaat van prestasie.
Afdeling Groot Sakeondernemings: Blue Mountain Berries ontvang die skild en ‘n sertifikaat van prestasie. Bethesda ontvang ‘n sertifikaat van prestasie.

Dr. Arnold Moll (middel), gasspreker by Arbeidsbediening Tuinroete se jaarlikse galadinee, saam met presteerders in die jaarlikse metingstoetse, van links, Lemaître White van Blue Mountain Berries, Madelein Meyer van Bethesda, Andre Lamont van Teniqua Timbers en Lynette du Toit van George Skryfbehoeftes.
ARTIKEL EN FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-VERSLAGGEWER