LANDBOU NUUS - Die afgelope Uniondale Landbouskou was ’n heerlike byeenkoms en hoogs suksesvol, sê die voorsitter, Pieter-Matt Stemmet.
“Die skou het mooi gegroei met ’n totaal van net meer as 1 250 besoekers wat deur die hekke is oor die hele naweek. Dit is 200 meer as verlede jaar. Ons is opreg dankbaar. ”
Daar was ook meer uitstallers by die skou en in al die afdelings is topgehalte diere geskou.
Die Jeugskou is immer gewild en het ’n goeie 160 inskrywings gelok.
In die perdeafdeling het Willowtree Saddlebreds se Falco Hi-Fortune met Junior Hugo in die saal die SA Groot Kampioen Vyfgangperd-titel ingepalm.
In die Veldmerino-skou was die Groot Kampioen Ram-wenner ’n dier van Johan du Plessis.
“In geheel is ons baie tevrede met die sukses van die skou en sien uit na volgende jaar. Baie dankie aan almal wat meegewerk het vir hulle toewyding en harde werk,” sê Stemmet.
Die Jeugskou kry altyd groot aftrek.
Dirk Lotter se inskrywings in die Boerbok-afdeling het die Reserwe Groot Kampioen Ooi- en die Groot Kampioen Ooi-titels verower.
Harley Davidsons doen 'n verbyrit op die sportvelde.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’