Maar hierdie week is die splinternuwe saal feestelik in gebruik te neem.
Die uitbetaling van die versekering was nie naastenby genoeg om die fasiliteit te herbou nie, maar die lede het skouer aan die wiel gesit en deur middel van fondsinsamelings en hulp van borge 'n moderne en heelwat meer verbruikersvriendelike saal opgerig. Nou spog hulle met een van die beste fasiliteite wat enige boerevereniging kan begeer.
Behalwe die vereniging het die VLV Outeniqualand ook 'n tuiste in die saal gevind. Hulle het reeds breekgoed en kombuisgereeldskap aangeskaf en is gereed om funksies van tot 100 mense te huisves.
Tydens die ingebruikneming het die voorsitter van die vereniging, Bossie Terblanche, veral die borge lof toegeswaai vir die wyse waarop hulle hand in die sak gesteek en die fondsinsameling gesteun het. "Ons wil almal wat 'n bydrae gemaak het hartlik bedank en hoop hulle gaan ook eienaarskap neem van die pragtige fasiliteit wat 'n grootse spanpoging was."

Die splinternuwe saal wat uit die as herrys het.
ARTIKEL: JANNIE MEYER, GEORGE HERALD-JOERNALIS