AGRIKULTUUR NUUS - NAMPO Kaap 2023 bied die landbougemeenskap van die Wes-Kaap 'n venster op die nuutste tegnologie wat die verskillende bedrywe gebruik om die voedselketting te bedien en die perfekte geleentheid om landboukwessies te bespreek en by mekaar te leer.
Ongeag of jy 'n kommersiële boer, ‘n megaboer, 'n kleinboer, ‘n nuwe era boer of ? vroulike boer is, by NAMPO Kaap sal jy leer en groei.
Sowat 500 uitstallers wat diverse landbouprodukte, -toerusting -dienste en -oplossings by NAMPO Kaap 2023 ten toon stel, beloof die tema "Groen-energie Revolusie" 'n aantal opsies om die energiekrisisse te verlig.
Praat saam
Die gespreksforum Nasie in Gesprek word vanjaar weer by NAMPO Kaap aangebied onder leiding van Theo Vorster en en Anlie Hattingh. Die gesprek op Woensdag, 13 September om 10:00 fokus op Handelsverhoudings onder die loep: Die ekonomiese impak van die Russiese oorlog op Suid-Afrika. Die tema vir 14:00 gesprek is Ontsluiting van potensiaal: Groei van die kanola-bedryf in die Kaap. Donderdag, 14 September om 10:00 word Die Kaap aan die stuur: Vordering met kragopweking bespreek en om 14:00 gesels die paneel oor Van vleis tot voordeel: Uitdagings van die waardeketting in die skaapbedryf in die Kaapprovinsie.
Sluit aan by Food For Mzansi tydens Nampo Kaap vir ’n reeks middagete-gesprekke met Land Bank. Van Woensdag tot Vrydag om 14:00 kan jy uitsien na ’n interessante gesprekke wat daarop gemik is om nuwe-era boere te bemagtig. Verken die potensiaal van gemengde finansiering, ontdek geleenthede om jou landbou-ambisies aan te wakker, en gryp die kans om direk in gesprek te tree met die nuwe Land Bank-bestuurshoof, Themba Rikhotso.
‘n Boer maak ‘n plan
NAMPO Kaap bied vanjaar weer met die ondersteuning van Omnia en Landbouweekblad ’n geleentheid om jou vernuftige boerderyplanne met besoekers te deel. Daar is nog kans om jou plan in te skryf. Inskrywingsvorms en ’n voorbeeld van die werkende plan moet op die laatste teen Dinsdag 12 September by Graan SA of NAMPO Kaap wees. Die afdelings waarvoor daar ingeskryf kan word is:
- Nuwe masjinerie, implemente en landbou toerusting
- Gemodifiseerde masjinerie, implemente en landbou- toerusting
- Gereedskap - alle gereedskap, elektries sowel as nie-elektries
- Huis en tuin - planne wat in en om die huis gebruik kan word
- Ope afdeling - enige item wat nie hierbo genoem word nie met ’n vervaardigingskoste minder as R5 000.
- Skole afdeling - enige inskrywing van ‘n student/leerder aan ‘n onderriginstansie.
Sien is glo
NAMPO Kaap is bekend daarvoor dat jy nie net die nuutste tegnologie kan besigtig nie, maar jy kan ook sien hoe dinge gedoen word. Water Purification Solutions gaan hul waterbehandelingsoplossings vir waterkwessies soos metaalverwydering van yster en mangaan, PH-korreksie en ontsmetting demonstreer. Moet ook nie vergeet om ‘n draai te maak by die Water Wise Centre nie, hier kan jy meer leer oor die werking van grondlose groeisisteme soos hidroponika en akwaponika.
Boere moet beslis ook ‘n draai maak by die proefpersele. Hier word word verkillende produkte en parktyke wat verband hou met varieteite, bemestingsmetodes en plantgesondheids prakties gedemonstreer deur Syngenta, Agricol, Omnia en AECI. Terwyl jy in daai omgewing is, maak ook ‘n draai by Tomcat Chippers se klipbreker demonstrasie, en gaan vergelyk die verskillende fabrikate en modelle wat op die Engen 4x4-baan gedemonstreer word.
Rasuitstallings en skoue
Die rasuitstallings in die Land Bank Vee-tent bied die geleentheid vir boere om die verskillende rasse teen mekaar op te weeg en om die diere op hul plase te vergelyk met die teelmateriaal wat ten toon gestel word. Dit is ook ‘n gulde geleentheid vir lede van die publiek om meer te leer oor die verskillende rasse en wat elkeen uniek maak.
Die Merino Ope vind plaas op 13 en 14 September in die BKB Veesentrum. Merino stoet-, en kuddetelers ding mee. Vrydag, 15 September kom die Vleismerino Top 10 aan die beurt waar die room van die oes teen mekaar gaan meeding.
Perdeprogram
Besoekers aan NAMPO Kaap 2023 kan uitsien na ‘n verskeidenheid van perdevertonings wat daaglikse in die Fuchs Arena aangebied word. Die beroemde Suid-Afrikaanse Lippizaners is beslis een van die hoogtepunte. Hierdie wit hingste sal besoekers betower met hul asemrowende bewegings. Fusion Horsemanship sal opleidingstegnieke vir perde demonstreer, die ruiters van Griffins Horse Achery lewer boogskutvertonings, daar gaan ‘n verskeidenheid perde rasuitstallings wees, en al die verskillende rasse gaan daaglikse aan ’n optog deelneem.
Heuningskou
Die Wes-Kaapse Byebedryfsvereninging bied ’n Heuningskou aan by die Neptun-saal. Hierdie uitstalling fokus op die unieke Kaapse heuningby met bye fotografie,- heuning-, en heuningwynkompetisies. Besoekers kan ook heuning en heuningwyn (mead) proe en heuning koop.
Museum Tent
Nog ‘n nuwe aantrekking by NAMPO Kaap 2023 is ‘n toegewyde museumtent waar 19 van die Wes-Kaapse museums uitstal. Besoekers sal kan sien hoe dinge in Toeka se Dae gedoen is met vlootnavigasie-instrumente,’n dompas uit die Apartheidsera, skaars speelgoed soos kruiwaens en Dinky speelgoedkarretjies, terwyl sepies, witblits en 'n verskeidenheid huishoudelike voorwerpe die geheime van vervloë eras onthul.
‘n Fees van blomme
NAMPO Kaap is bekend vir die uitsonderlike blommeprag wat so eie aan die area is. Marjolijn Malan se indrukwekkende blommerangskikkings sal beslis nie teleur stel nie. Die tema vir vanjaar se blommeskouspel is “Waar twee oseane ontmoet in die seekat se tuin” en gaan die seelewe met blomme uitbeeld.
Die Neptun-saal word vanjaar omskep in ‘n fynbos-paradys. Hier kan besoekers hul verlustig aan die Overbergse fynbos wat op ‘n natuurlike wyse uitgestal word. Hierdie uitstalling van fynbos, renosterveld,‘n waterval, en ‘n vleiland gaan beslis ‘n hoogtepunt wees.
Jongmense en kinders ook nie uitgesluit nie
Meer as 300 leerders van 20 skole is genooi om die Nedbank Landbou Skoleprogram wat by NAMPO Kaap aangebied word in die Wes-Kaapse Departement van Landbou Tent. Leerders kan dit wat hulle in die klaskamer leer aanvul met praktiese ervarings wat die kurrikulum ondersteun.
Die jaarlikse Overberg Streeksjeugskou vind plaas op Saterdag, 16 September. Leerders kan inskryf vir die volgende klasse: Suiwelbees, vleisbees, vleisskaap, wolskaap, veselbok, melkbok, vleisbok, pluimvee, perd, konyn, duif, kulinêre kuns en suiwelbereiding. Leerders 13 jaar en jonger, wat vir de eerste keer gaan skou kan ook deelneem aan die AgriExpo Jeugskou Opleidingsessie wat van 07:45 tot 09:40 aangebied word.
Kinders van 3 tot 12 jaar kan na hartelus speel by die Margerite Uys speelparkie onder toesig van die personeel van die Khula Learning Centre. Daar is ‘n fooi van R80 per uur of R150 vir 2 ure betaalbaar.
Lede van die Overberg Ponieklub sal ook weer ponie-ritte vir die jongspan aanbied by die Fuchs Arena.
Vir die skoner geslag
Die vroueprogram met Mynhardt Joubert, Willem Botha en Jak de Priester beloof om ‘n fees van verleidelike kos, mooimaak geheime en bekoorlike musiek te wees. Die NAMPO Kaap instap-skoonheidsalon was ‘n groot treffer in 2022 en sal weer ‘n geleentheid bied waar vroue kan ontspan en die behandeling van hul keuse geniet terwyl die manne hul aan die nuutste landboutegnologie verlustig.
Sien jou daar!
En die beste van als is dat al hierdie vertonings gratis bygewoon kan word, jy betaal net vir jou toegangskaartjie, en as jy dit aanlyn koop, bespaar jy boonop en hoef nie in lang rye te staan nie.
Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za. Pryse is R80 vir volwassenes en R40 vir skoolgaande kinders. Kaartjies wat by die hekke gekoop word is R90 per persoon Voorskoolse kinders kom gratis in. Die ekspo duur van Woensdag, 13 tot Vrydag, 15 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag, 16 September van 08:00 – 15:00. Besoekers kan die Kaap Agulhas Toerismekantoor kontak vir verblyf by 028 424 2584 / 082 896 2225 of www.overberg-info.co.za
Vir meer inligting oor NAMPO Kaap 2023, besoek www.nampokaap.co.za, kontak Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of stuur ‘n e-pos aan admin@expo.org.za
NAMPO Cape 2023: Something for everyone
AGRICULTURE NEWS - NAMPO Cape 2023 offers the agricultural community of the Western Cape a window into the latest technology and the perfect opportunity to discuss agricultural issues.
Whether you are a commercial farmer, a mega farmer, a small farmer, a new age farmer or a female farmer, at NAMPO Cape you will learn and grow.
With about 500 exhibitors showcasing various agricultural products, equipment, services and solutions at NAMPO Cape 2023, the theme "Green Energy Revolution" promises a number of options to alleviate the energy crises.
Let’s talk
The discussion forum Nation in Conversation will be presented again this year at NAMPO Cape under the leadership of Theo Vorster and Anlie Hattingh.
Wednesday, September 13
- 10:00 -Trade relations under the microscope: The economic impact of the Russian war on South Africa.
- 14:00 - Unlocking potential: Growth of the canola industry in the Cape.
Thursday, September 14
- 10:00 - The Cape at the helm: Progress with power generation
- 14:00 - From meat to profit: Challenges of the value chain in the sheep industry in the Cape Province.
Join Food For Mzansi for a series of lunchtime conversations with Land Bank.
From Wednesday to Friday at 14:00 you can look forward to discussions aimed at empowering new-era farmers. Explore the potential of blended finance, discover opportunities to fuel your agricultural ambitions, and grab the chance to engage directly with the new Land Bank CEO, Themba Rikhotso.
Farmers are innovative
NAMPO Cape, with the support of Omnia and Landbouweekblad, offer an opportunity to share your ingenious innovations with visitors. Entry forms and an example of the working innovation must be at Grain SA or NAMPO Cape by Tuesday 12 September at the latest. The sections that can be entered are:
- New machinery, implements and agricultural equipment
- Modified machinery, implements and agricultural equipment
- Tools - all tools, electric as well as non-electric
- Home and garden - innovations that can be used in and around the home
- Open section - any item not mentioned above with a manufacturing cost of less than R5 000.
- Schools section - any student/learner at an educational institution can enter their innovation.
Seeing is believing
At NAMPO Cape you can not only see the latest technology, you can also see how things are done. Water Purification Solutions will be demonstrating their water treatment solutions for water issues such as metal removal of iron and manganese, PH correction and disinfection. Also visit the Water Wise Centre where you can learn more about soilless growing systems such as hydroponics and aquaponics.
Feel free to visit the trial plots where various products and practices related to varieties, fertilization methods and plant health are presented practically. Take a look at Tomcat Chippers' stone breaker demonstration and compare the different makes and models that are demonstrated on the Engen 4x4 track.
Breed exhibitions and shows
The breed displays in the Land Bank Livestock Tent offer the opportunity to weigh the different breeds against each other. It is also a golden opportunity for members of the public to learn more about the different breeds and what makes each one unique.
The Merino Open takes place on 13 and 14 September in the BKB Livestock Centre. Merino stud and herd breeders compete. On Friday, September 15, the Meat Merino Top 10 will take place where the best of the breed will compete against each other.
Equestrian program
Visitors to NAMPO Cape 2023 can look forward to a variety of horse shows presented daily in the Fuchs Arena. The famous South African Lippizaners are definitely one of the highlights. Fusion Horsemanship demonstrates horse training techniques while the riders of Griffins Horse Archery will perform archery demonstrations.
Honey Show
The Western Cape Bee Industry Association presents a Honey Show at the Neptun Hall. This exhibition focuses on the unique Cape honeybee with bee photography, honey and mead competitions. Visitors can also taste honey and mead and buy honey.
Museum Tent
A new attraction at NAMPO Cape 2023 is the museum tent where 19 Western Cape museums will exhibit. Come and see how things were done in Days gone by with naval navigation instruments, a dompas from the Apartheid era, rare toys such as wheelbarrows and Dinky toy cars, while soap, witblits (homemade grape brady) and a variety of household objects reveal the secrets of bygone eras.
A festival of flower
NAMPO Cape is known for its exceptional floral splendour. Marjolijn Malan's impressive flower arrangements will certainly not disappoint. The theme for this year's flower spectacle is "Where two oceans meet in the octopus's garden" depicting marine life with flowers.
This year, the Neptun hall will be transformed into a fynbos paradise. Here, visitors can enjoy the Overberg fynbos, which is displayed in a natural way. This exhibition of fynbos, renosterveld, a waterfall and a wetland will definitely be a highlight.
Children are not excluded
More than 300 learners from 20 schools were invited to the Nedbank Agricultural Schools Program which takes place in the Western Cape Department of Agriculture Tent. Learners can supplement what they learn in the classroom with practical experiences that support the curriculum.
The annual Overberg Regional Youth Show takes place on Saturday, September 16. Learners can enter in the following classes: Dairy cattle, beef cattle, meat sheep, wool sheep, Angora goat, dairy goat, meat goat, poultry, horse, rabbit, pigeon, culinary art and dairy preparation. Learners aged 13 and under, who are competing for the first time, can also participate in the AgriExpo Youth Show Training Session from 07:45 to 09:40.
Children aged 3 to 12 can play to their heart's content at the Margerite Uys playground under the supervision of the staff of the Khula Learning Centre. There is a fee of R80 per hour or R150 for 2 hours payable.
Members of the Overberg Pony Club will also offer pony rides for the youth ones at the Fuchs Arena.
For the fairer sex
The women's program with Mynhardt Joubert, Willem Botha and Jak de Priester promises to be a feast of tempting food, beauty secrets and charming music. The NAMPO Cape walk-in beauty salon presents the opportunity for women to relax and enjoy the treatment of their choice while the men indulge in the latest agricultural technology.
See you there!
Entry tickets are available online at www.ticketpros.co.za. Prices for online tickets are R80 for adults and R40 for school-age children. Pre-schoolers get in for free. There will be tickets available at the gates at R90 for adults. The expo runs from Wednesday, 13 to Friday, 15 September from 08:00 to 17:00 and Saturday, 16 September from 08:00 to 15:00. Visitors can contact the Cape Agulhas Tourism Office for accommodation on 028 424 2584 / 082 896 2225 or www.overberg-info.co.za
For more information about NAMPO Cape 2023, visit https://www.nampokaap.co.za contact Chrystal van Wyk on 028 050 1385 or send an email to admin@expo.org.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’