Die immergewilde sangeres Sonja Heroldt het as gasvrou by die funksie opgetree wat sowat 300 mense gelok het.
Die eerste prinses in die kompetisie is Savannah Duvenhage en tweede prinses Natasha Jacobs.
In die Mev. George-kompetisie het Chantelle de Bruin die kroon opgeraap met Susan Moore wat as eerste prinses en Lizl Steynberg wat as tweede prinses aangewys is.
Mej. Junior George Skou is gewen deur Monique Best. Haar eerste prinses is Genay Viljoen en tweede prinses Kallem Gray.
