Ingrid van Wyk, George:
Om 'n busdiens (GO GEORGE) wat R1 biljoen gekos het te probeer befonds deur ontwikkeling (met verwysing na die voorstelle van verdigting in die ruimtelike ontwikkelingsplan van die George-munisipaliteit) maak geen sin nie, want die enigste mense wat dit gaan gebruik is die mense sonder karre - en hulle het nie die vermoë om werk te skep nie.
Hoe befonds ons die George-busdiens? Ek sal graag wil verstaan wat was die kapitale uitleg? Wat is die maandelikse uitgawes en wat is die inkomste en wat is die tekort wat opgemaak moet word vanaf beide die kapitaalperspektief asook die kontantvloei.
As ons verstaan wat die tekorte is, kan ons aan alternatiewe planne dink soos ‘n spesifieke addisionele erfbelasting vir elke persoon wat in George bly sodat ons die busdiens wat ons bediendes aanry en wat ons paaie beskerm van roekelose taxi’s kan befonds. Ten minste hoef ons nie die alternatief te hê van 28 500 addisionele GAP-huise binne-in George nie.
Die George-munisipaliteit wou nie kommentaar lewer nie.