Saturday 08:15
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 16°
George
Drie matrikulante in die Suid-Kaap het munt geslaan uit hul deeglike kennis oor die jeugroman Onderwêreld, van Fanie Viljoen. Elma Lamprecht van Hoërskool Outeniqua, Melissa Faku van Fezekile Sekondêre Skool in Oudtshoorn en Altus Lourens van Hoërskool Punt in Mosselbaai het skoonskip gemaak by die Eden en Sentraal Karoo Onderwysdistrik se jaarlikse Onderwêreld-lees-en-dink-kompetisie. Dié drie leerders het kontantpryse van R600 (Lamprecht in eerste plek) en R450 (Faku en Lourens in gesamentlike tweede plek) ontvang. Hulle dring deur na die provinsiale kompetisie wat op 25 Augustus in Kaapstad deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aangebied word. Tydens die streekskompetisie verlede Saterdag by George High Sekondêre Skool, het twintig leerders die bul by die horings gepak en ‘n tawwe vraestel oor hul Afrikaanse voorgeskrewe boek beantwoord.
George Herald proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a George Herald