Saturday 08:15
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 16°
George
Die Kwaggas se o.19A-rugbyspan kan met reg trots wees op hul oorwinning van 31-22 teen die gedugte span van Hoërskool Stellenberg. Die Kwaggas het vier pragdrieë in die interskole-kragmeting gedruk. Wat die oorwinning nog soeter maak, is dat die Kwaggas die bordjies verhang het nadat hul verlede jaar in Bellville met 43-38 slae gekry het. Die Kwaggas het hul lywe op die spel geplaas met hul puik verdediging teen 'n span wat verlede week nog vir Hoërskool Brackenfell met 47-0 afgestof het. Die vlugvoetige buitesenter van die wenspan, Darren Fortuin, was ongetwyfeld die beste speler op die veld. Sy briljante aftrap, aanvoeling vir 'n gaping en plettervatte het die besoekers hoofbrekens besorg.
George Herald proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a George Herald