'n Vuurwarm hartlike welkom in die hartjie van die Klein-Karoo vanaf die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit en ons inwoners. Dankie dat u hierdie klein dorpie gekies het om te kom afpak, te rus en weer ‘n tweede asem te skep. Dit is waarlik ‘n groot eer om ons dorp u huis te maak hierdie vakansie
Ons moedig u aan om al ons besienswaardighede te besoek, u tuis te maak tussen ons volstruise, bietjie rond te gaan kruip in ons grotte en dan lekker af te koel by ons waterstrome langs die R328 (die Kangogrottepad) en meer besonder die Rust en Vrede-waterval waar u kan ontspan en dink en droom.
Ons gaan u met soveel liefde omarm, dat u weer en weer wil terugkom. Ons is ‘n vriendelike en gasvrye dorp en verwelkom u met ope arms.
Onthou, u kuier in ‘n waterskaars-gebied. Gebruik dus ons water baie spaarsamig. Elke druppel tel.
Colan Sylvester - Executive Mayor
Die sirkelroete van ongeveer 200 km deur De Rust en Meiringspoort tot in Prins Albert en terug via die Swartbergpas is asemrowend.
• In De Rust se hoofstraat is talle klein winkeltjies en restaurante
waar heerlike Karoo-ontbyte en ander geregte bedien word.
• Geniet die bergryke omgewing van Meiringspoort en stap na
die pragtige waterval in die poort.
• Net na die poort lê Klaarstroom weggesteek met 'n pragtige ou hotel.
• Daarna volg die mooie Prins Albert met genoeg goed wat jou gaan besig hou.
• Voor Prins Albert is, hou stil op die kruin van die Kredouwpas vir 'n pragtige uitsig van die vallei, ook bekend as Die Gang.
• Bewonder die Karoo se natuurskoon op die buitepaaie soos
die Weltevrede- en Skapieseinde-pad en die Swartbergpas.
• Daar is meer as genoeg wyn-en olyfplase en selfs 'n vyeplaas waar jy rustig kan kuier.
• Besoek die Wolwekraal-natuurreservaat en -kwekery, die Karoo-donkietoevlugsoord en die Karoo Looms-wewery.
• Gaan op die gewilde Ghost Walk saam met Ailsa Tuphope, die dorp se spookstorieverteller.
• Woon 'n unieke rieldansvertoning van die Prins Albert Vastrappers by.
• Prins Albert en besoek die talle mooi winkeltjies, 'n historiese hotel en restaurante.
Ja, Jenewer, soetwyn, witblits, bier en brandewyn, noem maar op.Op die R62 deur Calitzdorp tot in Oudtshoorn en rondom Oudtshoorn lê ‘n fynproewersparadys.
Die eerste vier proeplekke is rondom Oudtshoorn en in vier verskillende rigtings:
Neem die grottepad vir ongeveer 15 km tot by Schoemanshoek. Volg die pad om die kerk tot by Karusa se proelokaal vir bier en wyn eie aan die Klein-Karoo.
Vanaf Oudtshoorn ry in die rigting van George en draai links by die pad direk na die treinbrug. Volg die pad vir ongeveer 5 km en vind Olivanti-gastehuis en proelokaal aan die linkerkant vir kos en drankparing met 'n verskil.
Sou die lus vir likeur en witblits jou pak, neem die R62 in die rigting van Calitzdorp vir ongeveer 8 km. Draai links by die Volmoed afdraaipad en 'n paar kilometer weer regs by die eerste grondpad tot by Grundheim en raak rustig, want daar is heelwat om aan te proe.
As jy jou mandjie gepak het vir 'n rit De rust en Meiringspoort toe en jy wil sommer met een stop ietsie van die hele Klein-Karoo se gebottelde voggies proe is Doringkraal op die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust die ideale stilhouplek.
Bekend vir port en wyn is Calitzdorp op meeste vakansiegangers se moet-sien-lys. Calitzdorp lê halfpad tussen Ladismith en Oudtshoorn op die gewilde R62. Die pad tussen Ladismith en Calitzdorp is vol kronkels en gaan oor 'n bergpas, maar die 50 km tot op Oudtshoorn kan vir die avontuurlustige motoris effe vervelig wees. Die grondpaaie by Red Stone Hills verby en deur Kruisrivier is 'n prentjiemooi alternatief en die moeite werd.
Neem die Lategansvlei-afdraaipad sowat 5 km buite Oudtshoorn op die R62 Calitzdorp toe. Ry in die rigting van die berge tot by die eerste T-aansluiting en gooi links waar jy ten minste vier kunsplekke langs die Groenefontein/Kruisrivier-roete kan kry. Die grondpad eindig op Calitzdorp by die begraafplaas. Die grondpad is geskik vir gewone voertuie, maar moenie haastig wees nie.
Meiringspoort
Gateway to the Karoo
No one should visit the Klein-Karoo without having a Meiringspoort day. When travelling from Beaufort West one has to pass through this magnificent poort with its spectacular rock formations and waterfall with deep rock pools. It is about 2km from the tranquil village of De Rust.
Once you've seen enough of Oudtshoorn’s famous caves, ostriches and wildlife, don comfortable shoes, take a camera and water bottle, and visit the historical gems of the town.
Then set off on your journey. Make sure to visit the two other museums in town which are also on the list; the Le Roux Dorpshuis in High Street and Arbeidsgenot in Jan Van Riebeeck Street.
Apart from Arbeidsgenot, all the other buildings are in and around the CBD. When walking to Arbeidsgenot, use the long suspension bridge in Church Street which was recently restored after it was vandalised.
Completed in 1880 and restored to its former glory, the Queen's Hotel is the third oldest hotel (and oldest 4-star establishment) in South Africa, and is one of our more prominent examples of colonial grandeur.