OUDTSHOORN NUUS - Van jazz en pop tot klassiek en kontemporêr met ’n ope-lug-skouspel of twee - die KKNK bied vanjaar al die musiek-ietse, vir elke smaak.
Die KKNK vind van 1 tot 6 April plaas.
Eerste en laaste konserte
’n Spesiale openingskonsert en aandmark word Maandag 31 Maart aangebied.
Judith Sephuma, Demi Lee Moore, Frank Opperman, Die Heuwels Fantasties, Lynelle Kenned, Timothy Moloi, die Charl du Plessis Trio, Mauritz Lotz en ’n simfonieorkes, onder leiding van Richard Cock, skop die fees af met die Openingskonsert met al die ietse.
Uiteenlopende musiekgenres word ingesluit. Nataniël sluit Sondag 6 April verrigtinge af met ’n skouspelagtige konsert, Duif.
Saam met hom op die verhoog is Tracey-Lee Oliver, Wiehahn Francke, Nicolaas Swart, Dihan Slabbert, Jordan Rogers, Tamia Stanczyk, Charl du Plessis, Juan Oosthuizen, Werner Spies en Peter Auret.
Debuutproduksies
- Coenie de Villiers en Rocco de Villiers deel vir die eerste keer die verhoog in 88. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars.
- Die Charl du Plessis Trio vertolk vir die eerste keer musiek van The Beatles in Bach & Beatles.
beHOORNlik
beHOORNlik, ’n multidissiplinêre tentoonstelling van plaaslike kunstenaars met Haidee Muller, John Theodore, Paul Amas, Danny B, Kezia Swarts, MC Noemwoord, B-Boy Da-Vinci, Janine Fourie, Willo en Jenny Maya, Frederico, JESSICA en ander.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’