Gallery
KUNSTENUUS - Jong musikante van regoor die Suid-Kaap het Saterdag 5 September tydens die Suid-Kaap Kunstefees se gala-prysuitdelingskonsert erkenning ontvang vir hul besondere talent en prestasies.
Met meer as 500 musiekinskrywings vanjaar was die kompetisie sterk, met wenners in verskeie ouderdoms- en kategorieë wat medaljes, sertifikate en gesogte wisseltrofees ontvang het.
FOTOGALERY - Suid-Kaap Kunstefees bekroon jong musiektalent
Die stigter en hooforganiseerder van die kunstefees, Jan-Erik Swart, sê die George Stigting van die Kunste is trots op die fees se merkwaardige groei sedert sy ontstaan vier jaar gelede.
“Met meer as 2 500 inskrywings oor dans, drama, visuele kuns en musiek, is dit duidelik dat die fees ’n belangrike platform vir jong kunstenaars geword het. Ons sien daarna uit om die 2027-uitgawe nog verder uit te bou en dit ’n besondere fees van uitnemendheid te maak,” sê Swart.
Die uitslae is as volg:
Spesiale Behoeftes
- Beste skoolkoor en marimba-orkes: Carpe Diem Skool
Grondslagfase
- Beste klaviersolo – Ada Klopper
- Beste vokale solo - Miané Cordier
- Beste klavierduet - Bella-Lee Kotze
- Beste skoolkoor: Laerskool Outeniqua
Intermediêre fase
- Beste klaviersolo - James Shäffler
- Beste vokale solo - Miané Cordier
- Beste kontemporêre vokale solo - Tanith Azevedo
- Beste vokale duet - Annabelle & Emily van Zyl
- Beste instrumentale solo – (dwarsfluit) - Anjené Oberholzer
- Beste kontemporêre instrumentale solo - Hugo Stark
- Beste vokale ensemble – Holy Cross Primêre Skool
- Beste instrumentale ensemble – Laerskool Outeniqua konsertorkes
Seniorfase
- Beste klaviersolo - Jake Pheiffer
- Beste vokale solo - Kirsten Pharaoh
- Beste kontemporêre vokale solo - Izibele Kenene
- Beste klavierduet - Lucas & Alex du Plessis
- Beste vokale ensemble – Langenhoven Gimnasium en York High School
- Beste instrumentale ensemble – Hoërskool Outeniqua Senior Jazzorkes
Ope-afdeling
- Beste westerse kunsmusiek vokale solo – Alet Potgieter
- Beste musiekblyspel vokale solo – Leonè Pharaoh
- Beste vokale duet – Leoné en Kirsten Pharaoh
Algehele Kunswedstrydwenner
- Leoné, Kirsten & Megan Pharaoh
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’