Die gospelsanger Gregory Noble, wat ook ‘n omroeper by die gemeenskapsradio EDENfm is, bedryf al meer as twee jaar ’n sopkombuis in Pacaltsdorp. Nadat hy die behoeftes in die gemeenskap gesien het, het hy besluit om groot te gaan.
Met die hulp van die Idols-finalis Bianca le Grange, het hulle die konsert van hoop beplan.
Ander plaaslike kunstenaars wat opgetree het, was Michael Lindt, Voldi George, Herbie Michaels en Ida Lucas.
Die vrou agter die kospotte wat sorg dat die kinders Woensdae ’n beker sop uit die kombuis kry, Susan Cronjé, is ook op die besondere aand vereer.
‘n Passievolle optrede deur Gregory Noble (links) en Bianca le Grange het die gehoor Saterdag ontroer. By hulle is Susan Cronjé (ver regs), die hart agter die kombuis, en drie van die kinders wat baat vind by die Bread of Life-sopkombuis. In die middel is Lorenzo Fouché. Voor: Diaan Godfrey en Angelique Cronjé.