GEORGE NUUS - Die musiekgroep Bottomless Coffee Band het groot geraak, en staan deesdae bekend as Raaf.
Hierdie formidabele duo tree volgende Donderdag 20 Julie om 19:00 in die Arts Theatre in George op, as deel van hul landswye Prediker-toer.
Kaartjies kos R180 en kan op Raaf se website bespreek word.
Esté en Lourens Raaf (Rabe) het hul tyd geneem met hul nuutste album, Prediker, en wil dit graag met gehore deel.
Die album bestaan uit 16 oorspronklike Afrikaanse liedjies: “Dis al omtrent vyf jaar wat ons skryf en werk aan hierdie album en ons voel dit is ‘n samesnoering van alles wat ons was, is en wat ons geword het. Ons opwinding om dit aan die wêreld te gee sodat elkeen dit hulle eie kan maak, is oorweldigend.”
Raaf is in Oktober 2022 gedoop met dié nuwe naam – inderdaad die Afrikaanse betekenis van hul familienaam, Rabe.
Vandat hulle in 2013 getrou het, het hulle reeds daaraan begin dink dat dit slim sal wees om die naam van die band meer tuis te bring.
“Die studente dae was verby en die musiek loopbaan het ernstig vlerke begin kry, maar die lewe is besig en tyd vlieg en voor ons weet was dit 2020. Die inperkingstyd was vir dié twee 'n goeie tyd vir refleksie en skryf,” het die Rawe vertel. “Dis hier waar ons ook navorsing sit en doen het oor die betekenis van ons van, Rabe.”
Die egpaar lees toe dat 'n raaf 'n boodskapper voël is, die grootste in die songbird-familie, dat hulle een maat vir 'n leeftyd kies en dat hulle territoriaal is, kan speel, kan leer en kan pret hê. Hierdie beskrywing het hulle laat besef dat hulle familienaam eintlik nog altyd beskryf wat hulle doen as 'n loopbaan en die perfekte naam is om hierdie reis tuis te bring.
Elke Vrydag word daar ‘n enkelsnit bekend gestel – die eerste drie, Vrygelatenes,
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’