GEORGE NUUS - Die debuutdigbundel van Hannes Visser, redakteur van die Oudtshoorn Courant, susterskoerant van die George Herald, is pas deur Naledi uitgegee en word tans in die Suid-Kaap bekend gestel.
Die digbundel vertel sonder om doekies om te draai die storie van Visser se grootwordjare in 'n disfunksionele huis deur 62 gedigte wat chronologies op mekaar volg. Visser het sy eerste bekendstelling op 24 April op Oudtshoorn gehou en gaste was dit eens dat dit 'n emosionele, maar uiters geslaagde aand was. Visser is ondersteun deur Marisca (Rain) Visagie, 'n musikant wat liedjies gesing het wat by spesifieke gedigte aangesluit het.
Hy en Marisca bied dieselfde program Donderdagaand 16 Mei om 18:00 (vir 18:300 in die ouditorium van die George-museum aan. Toegang is gratis en die program duur ongeveer 'n uur waarna visser beskikbaar is vir gesprekke en om kopieë van die bundel te teken.
Biblioteekpraatjie
Die George-biblioteek het Visser ook genooi om op Saterdag 18 Mei om 11:00 by die biblioteek 'n voorlesing en 'n praatjie oor sy digbundel en die digkuns in die algemeen, te hou.
Kopieë van die bundel sal dan ook beskikbaar wees.
Marisca (Rain) Visagie en Hannes Visser tree Donderdag 16 Mei by die George-museum op met die bekendstelling van Visser se debuutdigbundel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'