GEORGE VERMAAKLIKHEIDSNUUS - Die Hoekwil-gemeenskap maak gereed om gehore hierdie Paasnaweek, met hul produksie Eden tot Golgota - Ek is, op 'n geestelike reis te neem.
Dit word op 3 en 4 April deur die Stemtoonbediening van die NG Kerk Die Vleie in Hoekwil aangebied.
Regisseur, vervaardiger en skrywer, Stephanie Botes, in samewerking met Stemtoonbediening, vertel die verhaal van die mensdom se reis vanaf die skepping tot die kruisiging van Jesus Christus.
Drama, musiek en dans word ingespan om God se liefde vir Sy kinders te deel.
Die rolverdeling strek oor generasies, met 68 deelnemers wat wissel van ses tot 84 jaar oud.
Elkeen dra by met hul stem, beweging en teenwoordigheid in 'n produksie wat 'n betekenisvolle ervaring aan gehore wil bied.
Kaartjies kos R100 (volwassenes) en R50 (kinders). Vir meer inligting, kontak Magda van Zyl by 073 174 4186. - Saamgestel deur Michelle Pienaar
Hard aan die werk tydens 'n kleedrepetisie.
Stephanie Botes, die skrywer, regisseur en vervaardiger.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’