Die feesgangers is vermaak deur top plaaslike sangers SA's Got Talent wenner, Johnny Apple, Michael Lindt en die jazz groep Prerogatives. Burgemeester, Charles Standers, het die Kersliggies aangeskakel nadat hy die fees opgedra het aan Nelson Mandela en hulde gebring het aan die ontslape president.
Hy het ook die hoogtepunte van die George-munisipaliteit genoem. 'n Groep George-stadsraadslede het die sekondes na die aanskakeling afgetel, en het gejuig saam met die skare vir die mooi Kersskouspel van gekleurde skitterligte in die bome en strate.
Volgens die George-munisipaliteit se feesorganiseerder, Pieter Pepler, het alles glad verloop en het die vermaaklikheidskunstenaars wat almal uit eie bodem was, goeie byval gevind by die gehoor. Toe Johnny Apple die gevoelvolle nommertjie Its a man's world sing, het die meisies hard begin skreeu om hulle goedkeuring te kenne te gee.
Na 21:00 was dit die beurt van plaaslike rappers en Louigi April was een van die wat die skare op hulle tone gehad het.
Sien nog foto's hier.

Die groot oomblik toe George-burgemeester, Charles Standers, die kersliggies aanskakel nadat hy die Liggiefees aan Nelson Mandela opgedra het. Foto: Pauline Lourens
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'