Die dansgeselskap se Tuinroete-toer is geborg deur drie Rotariërklubs met die doel om dans as kunsvorm aan die gemeenskap bekend te stel. Die groep se wye verskeidenheid danse het gestrek van Spaanse danse, ballet en modern tot hip-hop.
Die choreografie en musiek het elke dans-item perfek geharmoniseer sodat die geheel ‘n vloeiende eenheid vorm. Dansliefhebbers van alle ouderdomme het die Arts Theatre gevul en was vol bewondering vir hierdie belowende kunstenaars na die vertoning.
"Ek vertrou dat ons mikpunt - om talent in die omgewing te inspireer en gehore te stimuleer - in lyn is met die Nasionale Kunsraad se visie om kuns meer toeganklik vir die gemeenskap te maak," sê Gerard Samuel, direkteur van die UK se dansskool.
Artikel en foto's: Michelle Pienaar
.jpg)
Studente van die Universiteit van Kaapstad se Dansskool het ‘n uitmuntende vertoning by die Arts Theatre gelewer. Hulle het ook in Mosselbaai en Knysna opgetree.