Hulle gaan die Suid-Kaapstreek by die SATK vanaf 22 tot 27 September verteenwoordig, waar hulle gaan mik vir 'n brons-, silwer- of goue medalje.
Hulle is almal Tashia Sangsskoolstudente in George, en het deelgeneem aan die onlangse Suid-Afrikaanse Talentkampioenskappe (SATK) vir sang waar almal deurgedring het na die nasionale ronde in Gauteng. Die SATK provinsiale ronde is in Groot-Brakrivier gehou.
Die aspirant kampioene is almal plaaslike skoolkinders. Annie Stucki, Anuschka Henning, Carina Bredell, Chene Olivier en Monique Lingenvelder sien uit na hul deelname. Die prinsipaal Tashia Vermeulen-Olivier het die wens uitgespreek dat hulle George se naam sal hoog hou.
Sy het verduidelik dat die SATK op die Christengeloof gebaseer is en dat haar sang-student, Johnny Apple deurgedring het na die VSA-been van die kompetisie wat bekend staan as die Actors Models Talent for Christ (AMPC). "Sedert sy deelname het hy 25 werksaanbiedings gekry, en is tans gewikkel in kontrakonderhandelings."
'Dit wil voorkom asof George 'n vrugbare teelaarde vir jong talent is aangesien plaaslike dansskole net so goed gevaar het die afgelope tyd.' So het 'n waarnemer onlangs opgemerk.

Monique Lingenfelder
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'