Die hoë gehalte van die werk het verstom en groepies gaste het deurentyd voor die kuns in gesprek getree. Die leerders word onder die kundige sorg van Norman Christians (skone kunste) en Kelvin van Niekerk (ontwerp) geslyp.
Sommige van die leerders het verlede Dinsdag, op Vryheidsdag, pragtige muurskilderye teen die mure van die Rosemoor-sportveld aangebring. Die skilderye is tematies gemik op die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika volgende maand.
Foto's: Michelle Pienaar
Vir meer foto's van die opening van George Hoër se skoolsaal, kliek gerus hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=47&gid=2
.jpg)
Eldrique Ramas (gr. 12) se buitengewone kubistiese ontwerp.