TEATERNUUS - Liefhebbers van Afrikaanse poësie en romantiek kan uitsien na 'n spesiale teaterervaring met Vlam in die Sneeu. Hierdie is 'n intieme produksie gebaseer op die liefdesbriewe tussen Ingrid Jonker en André Brink.
Die produksie word op Vrydag 20 Februarie by die Markstraat-teater in George aangebied - perfek vir die maand van die liefde.
Die voorlesings word deur Joan Carstens en François le Roux vertolk. Bekende gedigte soos Bitterbessie Dagbreek en Kabouterliefde sal weer gehoor word en Ingrid Jonker se woorde opnuut laat herleef.
Musiek en sang word verskaf deur Phyllis Goldblatt en Voldi George, met François le Roux op die fluit.
Deure open om 18:30 vir 19:00 en kaartjies kos R150, met ligte verversings en sjerrie ingesluit.
Kaartjies kan by Heather by 072 369 3304 bespreek word.
Aangesien spyseniering vooraf beplan word, sal geen kaartjies by die deur verkoop word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’