GEORGE NUUS - Die toneelstuk Fiela se Kind, gebaseer op die bekende roman van Dalene Matthee, is vanaf vandag tot Saterdag 28 September elke aand om 19:00 te siene by die George Arts Theatre. ‘n Middagvertoning geskied Saterdag om 12:00.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R120 per persoon, en R100 vir lede van die George-kunstevereniging.
Die produksie word aangebied deur George Arts Theatre, met Simoné Kleynhans as regisseur.
Die storie
Die verhaal speel af in die laat 19de eeu en volg die lewe van ‘n wit seun, Benjamin, wat as kind deur ‘n bruin vrou, Fiela Komoetie, grootgemaak is. Wanneer hy op negentienjarige ouderdom deur owerhede van Fiela weggeneem word en by ‘n wit gesin geplaas word, begin ‘n hartverskeurende stryd oor identiteit, liefde en die betekenis van familie.
Hierdie verhaal word beskou as ‘n tydlose, klassieke werk in die Afrikaanse taal.
Die rolverdeling is as volg: Marveen Charles as Fiela Komoetie; Zane Posthumus as Elias van Rooyen; Paul-Wernich van Wyk as Benjamin Komoetie; Cobus van Zyl as die sensus-opnemer “Dikke” en Miané Barnard as Nina van Rooyen.
Marveen Charles as Fiela Komoetie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’