SUID-KAAP NUUS - Erfgenaam is 'n Afrikaanse Christelike aksie drama film vir die hele gesin en is nou op DVD beskikbaar.
Erfgenaam gaan oor Lukas (Ruan Fouche), ‘n skatryk jong prokureur wat alles besit wat ‘n man se hart begeer, maar geen vrede of liefde in sy lewe het nie.
Verwyte teenoor sy oorlede pa is vinnig besig om sy lewe te verwoes. Dan bring ‘n skietvoorval vir Heleen (Marianke Breitenbach) in sy lewe.
Dié Suid Kaap produksie bevat 'n temalied genaamd Free Falling wat deur Tashia Vermeulen Olivier, sanger en sangonderwyser van George gesing word. Die lied is deur Vermeulen en Riana Crafford, ‘n pastoor woonagtig op Groot-Brakrivier, geskryf.
Erfgenaam is Johan Nysschen se tweede Afrikaanse Christelike DVD wat hy geskryf en geredigeer het. Sy eerste film, Keuses, was ook in Mosselbaai opgeneem en is in 2008 uitgereik.
Erfgenaam is verfilm by Nayru Game Lodge in Hartenbos in 2011 en in Julie 2017 uitgereik.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'