VERMAAK - Die etensuurkonsert op Woensdag 5 November bied iets wat ons nie dikwels in George sien nie: drie pianiste op een verhoog.
Die optrede bevat musiek deur Beethoven, Mozart, Schubert en Rachmaninoff en is uitgesoek om die hartsnare te raak.
Ses hande op die klawerbord verseker ’n ryk klanktapisserie - ’n fees vir die oor wat die krag, elegansie en vreugde van klassieke musiek vier.
Die kunstenaars, Drini Botha, Henta Essel en Margriet Venter, beoefen hul musiektalent al vir dekades in verskillende velde, insluitend onderwys, plaaslike en internasionale optredes en musiekkompetisies, en is welbekend in George-musiekkringe.
Die konsert begin om 13:10 in die NG Moederkerk. Toegang is gratis, maar donasies word verwelkom.
Die program is as volg:
Mozart - Allegro con spirito uit Sonata vir twee klaviere in D KV 448
Chopin - Polonaise in A (duet)
Schubert - Fantasie in F mineur D 940 (duet)
Beethoven - Rondo de la Sonate (duet)
Beethoven - Allegro con brio uit Simfonie no. 5 in C mineur, op. 67 (duet)
Tschaikowsky - Twee duette: ‘Die Slapende Skoonheid’ en ‘Dans van die Suikerfee’
Rachmaninoff - Romanse en Wals vir ses hande
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’