Cronje het na afloop van die rolprent na almal se kommentaar geluister en het in 'n vergadering met die burgemeester en belanghebbendes die première van die rolprent bespreek. Standers en Botha het aangedui dat George baie graag betrokke sal wil raak by die première van die rolprent. Voorlopige datums vir die première is 10 of 11 Augustus in George, gesien in die lig dat die rolprent 15 Augustus vrygestel word.
Botha het in sy kommentaar gesê die tonele van George is mooi vasgevang op beeld en behoort goed te vaar in die land en selfs internasionaal. Cronjé het gesê daar moet nog skaafwerk aan die tonele gedoen word, maar die natuurskoon van George maak dit makliker. Hy het ook gesê sonder die samewerking van die burgemeester, George-stadsraad en ander rolspelers sou hulle nie veel kon vermag, met hulle minimale begroting nie. Met die rolprent sal 'n veldtog begin in bewusmaking rondom gestremde persone asook die Carpe Diem Skool in George. Ster-Kinekor is ook bedank vir hulle ondersteuning.
Raadslid Kritzinger, wat self 'n rol vertolk, sê sy het die rolprent baie geniet, "Dit het my wildste drome oortref, dit is werklik iets om na uit te sien. Dit kan lewens verander.
"Die storie, 'n ware verhaal, is hartroerend, maar daar is ook tonele wat eintlik elke dag om ons gebeur...wat in baie huise plaasvind. Die eerste dag toe hulle verlede jaar begin skiet het, was tydens die afskop van die 16 dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders en die rolprent het ook insidente van familiegeweld in. Dit raak 'n mens aan."
Past. Leon Terblanche, oor wie se lewe die rolprent handel, het gesê dit is vir mense wat God bevraagteken. "Hy is altyd daar midde in 'n krisis. Sy vrou, Elmarie, het gesê dit is hul lewensverhaal en sy glo dit sal 'n impak maak op huwelike veral."

Die groep mense wat Maandag die eerste draai van die vollengte rolprent, Born to Win gesien het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'