GEORGE NUUS - Die Blanco Vroue-landbouvereniging nooi vroue van George uit na hulle leefstylvergadering op Donderdag 10 April.
Die tema is 'Masjienwerk - toiletsakkie met ’n rits' en die spreker is Rona Swanepoel van Sewing Suid-Kaap in George.
Marietjie Schaaf is die sameroeper en ’n Paasfees-spyskaart word bedien.
Almal word gevra om enigiets in blou te dra, of dit nou jou rok, krale, serp, bloes of romp is.
Die vergadering begin om 10:30 by die NG kerksaal in Napierstraat, Blanco.
Teegeld beloop R30. RSVP by 072 618 0515.
Dit beloof om ’n heerlike oggend te wees.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’