Die inligting soos gepubliseer is verskaf aan die George Herald sowel as die foto's. George Herald neem kennis dat verskeie ander persone ingespring het om gesinne in nood te help. Indien daar inwoners is wat graag 'n organisasie of individu wil bedank, kan hulle 'n brief stuur na [email protected].
GEORGE NUUS - Inwoners van wyk 16 in Pacaltsdorp het hul opregte dank uitgespreek vir die hulp wat aan die gemeenskap voorsien is ná die onlangse reën- en windstorms wat die gebied geraak het.
Die gemeenskap het veral die bestuurder van Wellington Square Spar, Guillaume Langenhoven, bedank wat vinnig ingespring het om brood, sop en 5-liter waterkanne aan behoeftige inwoners te voorsien.
Mareliza Fortuin, ’n inwoner van wyk 16, is ook geloof vir haar onbaatsugtige diens en toewyding gedurende die krisis. Ten spyte daarvan dat haar eie huis ook deur die reën geraak is, het sy saam met ander inwoners steeds haar bes gedoen om hulp te verleen aan mense wat tydelik in die gemeenskapsaal skuiling gevind het.
Inwoners van wyk 16 wat ondersteuning ontvang. Foto: Verskaf
Die gemeenskap het verder hul waardering uitgespreek teenoor die George-burgemeester, Browen Johnson, sowel as almal wat bygedra het tot die voorsiening van kos, klere en bouplastiek (gunplast) om strukture te beskerm.
Die buurtwag is ook bedank vir hul ondersteuning en betrokkenheid tydens die noodsituasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’