GEORGE NUUS - Huis JJ Watson se volgende gewilde maandelikse verkoping om geld in te samel word op Vrydag 26 September van 08:00 tot 12:00 gehou.
Daar sal geurige kerrie-en-rys teen R35 te koop wees, pannekoek teen R8 en ander eetgoed, asook koffie en tee wat besoekers in die teetuin kan geniet.
Daar is altyd winskopies onder 'n groot voorraad tweedehandse klere en boeke (vir R5 en R10).
Skenkings van klere, boeke en items vir die witolifanttafel is welkom. Donasies kan by die skenkers opgelaai word.
Vir meer inligting kontak Laetitia Dysel by 066 186 5849.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’