GEORGE NUUS - Die jaarlikse Cansa Relay for Life vind vanjaar op 3 en 4 Oktober op die Pacaltsdorp-sportterrein plaas.
Die geleentheid beloof om ’n inspirerende naweek te wees waar die gemeenskap saamstaan in die stryd teen kanker.
Groepinskrywings vir spanne van 15 persone beloop R750. Besighede word ook aangemoedig om spanne in te skryf en deel te word van hierdie betekenisvolle gemeenskapsinisiatief. Dagbesoekers is welkom teen toegangsgeld van R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 12 jaar.
Verskeie kos- en kunsstalletjies sal beskikbaar wees teen R300. Belangstellendes wat ’n stalletjie wil bespreek, moet vroegtydig aansoek doen om teleurstelling te voorkom.
Gedurende die Relay sal daar ook verskillende kunstenaars en dansgroepe optree om die atmosfeer lewendig te hou en lekker vermaak te verskaf.
Luminaria-sakkies, wat ’n spesiale simboliese huldeblyk aan kankerlyers en -oorwinnaars is, sal teen R10 per sakkie beskikbaar wees en kan vooraf gekoop word.
Vir inskrywings van groepe, stalletjies of die aankoop van Luminaria-sakkies, skakel die Kansa-kantoor by 044 874 4824.
Die organiseerders nooi die breë gemeenskap van George uit om deel te word van die geleentheid en saam hoop te bring aan almal wat deur kanker geraak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’