GEORGE NUUS - Jakkie van der Colff (82) van die Groenkloof-aftreeoord, het hom twee jaar gelede in George gevestig, maar sy verbintenis met die dorp strek meer as 200 jaar terug! Hy klim in die vel van een van sy voorsate wat 'n aktiewe inwoner van Outeniqualand, en later George, was om só sy storie te vertel.
Ná 220 jaar het ek in November 2022 teruggekom na my dorp. Wat 'n ontnugtering. 'n Ontwikkelde, mooi dorp met baie vriendelike mense en strate met vinnig bewegende voertuie.
Nie 'n perd of ossewa in sig nie. Wat 'n skrille kontras van toe ek as die eerste onderwyser medikus en koster van die kerk vroeg in 1812 hier gekom en die dorp help bou het!
Kom ek vertel. Dalk was George bedoel om my bestemming te word. Ek was per skip van Nederland via Engeland op pad na Batavia. Sommige sal kan sê ek het weggeloop van my vrou en kind en my voorgedoen as 'n oujongkêrel, want dit is die waarheid.
Die skip Neptunus waarmee ons gereis hel, is naby die Kaap in 'n seestorm so erg beskadig dat die skip "gekondêm" moes word. Dit was Februarie 1806 en ek was in die Kaap gestrand.
Op 1 Augustus van daardie jaar, het ek aansoek gedoen om permanente verblyf in die Kaap Kolonie.
Twee dae later word skriftelike toestemming deur David Baird verleen en kon ek 'n praktyk as chirurg te Dorpstraat 10 open. Terloops, daardie jare was 'n chirurg eintlik as 'n gewone mediese dokter beskou.
Aan die Kaap sluit ek 'n hegte vriendskap met Adrianus Gijsbertus van Kerwel, die eerste landdros van George en kleinseun van Goewerneur Van Kerwel wat in 1737 oorlede is.
Die 82-jarige Jakkie van der Colff het 2 jaar gelede George toe verhuis. Op 23 April 1811 vaardig graaf Caledon, goewerneur van die Kaap, 'n proklamasie uit waarvolgens 'n nuwe drostdygebied van Swellendam afgestig word. Die gebied, bekend as Outeniqualand (Outeniqua beteken 'man met heuning belaai'), ten ooste van die Gamka- en Gouritzriviere, was 'n uitgestrekte gebied.
Die nuwe drostdy sal bekend staan as George ter ere van die Britse koning George Ill wat toe regeer het. En die eerste landdros wat aangestel is, was Adriaan Gijsbertus van Kervel.
Goewerneur Caledon het self die ligging van die dorp gekies. Ses erwe is gratis aan mense wat op die grens van die houtbosse gewoon het, toegeken met die verstandhouding dat hulle timmerhout sou voorsien om huise te bou. Op 8 Oktober 1811 is 'n verdere 30 erwe per openbare veiling verkoop.
Die dorp het stadig gegroei soos vermeld deur die eerwaarde John Campbell ná sy besoek aan die gebied in Maart 1813. Met Van Kervel se aankoms in George was die hofgebou en gevangenis klaar opgerig. Die eerste huise en ook die huis van die landdros en sekretaris was aan die oorkant van die straat in aanbou. In die tweede straat sou later die kerk, pastorie en skool gebou word.
Van der Colff
Direk na sy aankoms in George, het Van Kervel 'n brief aan die nuwe goewerneur, Cradock, gestuur. In die brief noem hy dat die onderwys en godsdiens in daardie gebied in 'n treurige toestand is. Van Kervel beveel aan dat sy vriend, Adriaan Petrus van der Colf - dit is nou ek - vanweë my kennis van die Bybel en geleerdheid, as voorleser en onderwyser en as dokter na George moet kom.
En dit is hoe ek in George, wat ek as my dorp beskou, beland het.
Die voorleser het verskeie kerklike pligte gehad. Onder andere is van horn verwag om "ervarente zijn in den Bijbel" want hy moes die gedeelte waaroor die dominee gaan preek en ook die Tien Gebooie, Twaalf Artikels en Apostoliese Geloofsbelydenis voorlees.
Dit was ook sy verantwoordelikheid om, indien die dominee nie beskikbaar is om die kerkdiens te hou nie, die diens waar te neem. Ook ander pligte was sy verantwoordelikheid.
Die voorleser moes ook as "publieke onderwijser" optree. Dit was pionierswerk. Die huis van 'n sekere CF Pohl van die plaas Zandkraal, is deur die regering gehuur om kerkdienste in te hou.
Kerkdienste is in die voorkamer van die plaashuis gehou, wat groot genoeg was om "des Zondags Publieke Godsdienst" daarin te hou.
ln1812 was George kerklik nog 'n distrik van Swellendam. Dit verklaar waarom ds. Scholtz as predikant van Swellendam huwelike in die "Trouw boek der Kerken van Zwellendarn" aangeteken het.
Voordat die eerste predikant, ds. Tobias Herold, as predikant op 20 April 1813 in George aangekom het, moes besoekende predikante per poskoets van Swellendam na George reis.
Die poskoetsdrywer moes beloof dat hy die afstand van ongeveer 220km in minder as 26 uur sou aflê. Ook onderwys is in die huis gehou. Die skool het met twee leerlinge begin, moontlik omdat dit te ver uit die dorp was.
Die Langgebou. Foto: George NG Moedergemeente
Langgebou opgerig
Zandkraal, waar kerkdienste, ander kerklike aktiwiteite en skoolonderrig plaasgevind het, was vyf myl/agt kilometer uit die dorp. Van Kervel was van mening dat dit te ver is. Dit is ook die rede hoekom die ou Posthuis in Oktober 1813 verander is om as kerkgebou en skool te dien.
Selfs na die verandering was die gebou steeds nie geskik nie en is besluit om 'n nuwe kerk te bou- die sogenaamde Cradockkerk wat op 2 Maart 1817 ingewy is.
Hierdie kerk is vir 'n tyd gebruik, maar toe gesloop omdat die bouwerk van swak gehalte was en die konstruksie deur reën beskadig is. Gedurende daardie tyd is die sogenaarnde Langgebou opgerig. Kerklike aktiwiteite en ook skoolonderrig het daarin plaasgevind.
Later het 'n skool in die omgewing van Outeniqualand tot stand gekom omdat Zandkraal te ver vir boere van die omliggende gebied was. Sover bekend bestaan daardie skooltjie nog steeds en word as 'n kleuterskool gebruik.
As mediese beampte het ek, AP van der Colff, nie geweier om behulpsaam te wees met mediese ondersoekE en verslae en om professionele getuienis te lewer in hofsake tydens die sogenaamde "Swarte Omgang" se kommissie so regsverhore nie.
Terloops, die kommissie se hooftaak was regsverhore waarby inboorlinge hul klagtes kon stel in verband met beweerde onregte wat deur hul werkgewers aan hulle gedoen is.
Die kommissie het my geloof vir my onbevooroordeelde getuienis. Gedurende 1814 het 'n epidemie in Outeniqualand onder die bosbewoners en inboorlinge uitgebreek. Gedurende die siektes en epidemies was dit ek wat talle bosbewoners en inwoners van die omgewing plaaslik ingeënt het.
'n Ongelukkige voorval het gemaak dat ek op 22 April 1844 'n brief geskryf het om as onderwyser en voorleser te bedank.Volgens die notule van die kerkraadsvergadering van 6 Maart 1814, het 'n onbekende klaer 'n klagte ingedien oor ek wat glo godslasterlik opgetree het.
Daar was moontlike grondige redes om te glo dat daar duistere redes agter die klag geskuil het. Aan die klag is ek nooit skuldig bevind nie en die saak is later "sender uitspraak daargelaat."
Vir my was dit 'n klad op my naam en 'n bitter smaak in die mond. Ten spyte van my goeie verhouding met landdros Van Kervel en dat ek gelukkig was in "my dorp" het ek besluit om saam met my verwagtende vrou, Frances en baba, Johanna Hendrica Adriana na Tulbagh te verhuis alwaar ek my op die plaas Waterval gevestig het en as "geneesheer en handelaar in medisyne" 'n lewe gemaak het.
Al is ek toe weg uit George, het die mooie dorp in die omgewing waar "die man behang is met heuning", steeds in my gedagtes gebly. Daarom was dit 'n maklike besluit en enigste keuse om my weer presies 220 jaar gelede nadat ek daar weg is hier nes te kom skrop.
Dié keer vir altyd, want my kinders en woon nou hier en kleinkinders gaan hier skool.
In 1826 het die Drostdy agfebrand. Die vuur het ontstaan toe vonke deur die skoorsteen op die grasdak beland het. Die Staat wou nie die huis herbou nie en dis verkoop aan 'n kaptein Hollet. Planne van die huis het verlore geraak. Hollet het die gebou herstel en aanbouings gedoen.
Die nuwe geboude huis het vier keer van eienaar verwissel en elkeen het aanbouings en veranderings aangebring tot in 1898 toe die huis as 'n losieshuis in gebruik geneem is.
In 1903 het die nuwe eienaar weer veranderings aangebring en as die Victoria Hotel bedryf tot 1972 toe die deure gesluit is. Die plaaslike munisipaliteil het die huis gekoop en ná omskepping is die George Museum in 1976 daarin geopen soos dit vandag nog bestaan.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’