|
|
Penveer
|
|
Penveer is a platform for avid poets and authors to share their poetry and creative writing. Once registered, users can submit poems of no longer than 24 lines and short stories of a maximum of 500 words.
|
|
|
"Glentana" Lirieke deur Albert Meintjes
|
|
10:20 (GMT+2), Mon, 14 May 2012
|
|
|
|
Sit met my voete in die sand En my siel sweef deur die sproei van die branders wat rol oor die strand En ek wens jy was hier saam met my Hier saam met my
Ek die liggies van Mosselbaai se rante Gooi vlikkers in my oe Soos n’ duisend silver diamante Waar vreemdeling woon
Dis so lekker om net te wees om net te voel, en vry in gees Die aand is n’ roos pienk kleur soos die son sak oor die baai En ek ruik die see
En dit is lekker hier Ek geniet dit elke dag Op die stoep te sit met n’ koppie tee Drome te droom oor die nag tEn tussen Harolds baai en nature on sea Om te stap op die strand to by groorbrak rivier Om kitaar te speel tot laat in die aande Rustig te raak en te dink Ek is mal oor Glentana
Vanoggend met oom Hoppie gepraat Visvang gesels en die regte aas Jy moet ingooi net so lanks die sloep Vroeg oggend ,as die dag jou kom groet As hy jou kom groet
En die dolfyne speel in die branders Die water skitter skoon En n’ seemeeu staan nader Hoe dan anders Om n’ stukkie aas te roof
Hangmat reg en boek in die hand Partysies krap hier langs my in die sand Die see n’ spiel,dis n’ perfekte dag My op skreefies soos wat ek glimlag Want my hart is sag.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this Penveer...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|