Translate to: 

Die mite van Kersfees

6
Hierdie tyd van die jaar gebeur dinge baie vinnig. Dit is asof almal tot op die laaste minuut van die laaste dag voor die vakansie wag om alles af te handel. Almal stroom iewers heen. Die wat tuis is val in die stroom inkopiesentrums toe, die wat by die sentrums is stroom in gange langs en weer uit by die hekke met leë beursies en vol kattebakke terug huis toe.
 
Karre met karavane, bote en Ventertjies stroom van Gauteng af see toe en seemense stroom weer noorde toe. Almal is iewers deel van 'n stroom en tot 'n mate is dit eintlik een groot gekkigheid. Ons werk die hele jaar net om hom af te sluit deur in rye te staan om kos te koop, geskenke te laat toedraai, uit te eet of iewers op 'n strand te lê met sand wat aan ons dikgesmeerde sonblok vasklou.
 
As jy vra wat mense die vakansie doen kom die antwoorde "Ek gaan bietjie by Hartenbos ontspan," "Ons gaan wildtuin toe," "Ons gewone karavaanstaanplek is bespreek, ons gaan net ontspan."
 
Ontspan? Tussen derduisende ander ontspannendes? Ek twyfel. Net so min soos wat 'n bloedrooi Kersvader en vallende sneeu deel is van ons Kersfees, net so min is 'n vakansie iewers gedurende hierdie tyd ontspannend.
Die Kersfeeskoors pak almal beet en as hy jou nie beetgepak het nie forseer iemand hom in jou keel af met spesiale aanbiedinge, swart Vrydae en afgesaagde blikkerige Kersfeeesliedjies in winkels.
 
Is ek dan gekant teen Kersfees? Glad nie.
Is ek gekant teen geskenke en mooi wense en mooi horingoue liedjies van Boney-M en Little Drummer Boy wat al vir dekades lank sy trommetjie voos speel? Glad nie.
 
Ek is gekant teen die valsheid en die leegheid wat met die Kerstyd gepaardgaan en die verwagting dat een Kerspartytjie wat 'n glimlag op 'n bejaarde se gesig sit of een mal gejaagde vakansietjie vir die volgende twaalf maande sal hou tot die volgende een. Ek is gekant teen mooi wense en beloftes dat die nuwe jaar net mooi dinge sal inhou wat skielik soos kosmosse opslaan en uitgedeel word nadat ons vir elf maande en tien dae by mekaar verbygeleef het.
 
Het ek in 'n anti-Kersfees 59-jarige suurknol verander? Dalk.
 
As ek 'n Kersfeeswens kon hê, sou dit een wees wat vra dat ons 365 dae, en die ekstra kwart enetjie ook, doen wat ons nou in hierdie tyd verplig voel om te doen; om vir mekaar om te gee, om daai Kersete sommer hier in Februarie vir 'n tannie wat alleen in Tuishuis sit te gee, om sommer net omdat ons lus voel in die middel van die jaar 'n vriend te bel en hom 'n mooi volgende week toe te wens en deur die jaar 'n paar naweke weggaan na stil plekke toe waar mens werklik kan ontspan.
11:36 (GMT+2), Wed, 21 December 2016
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

Acclaimed writer and historian Deborah E. Lipstadt must battle for...
A group of Boston-bred gangsters set up shop in balmy Florida during the...
In the irreverent spirit of fun that made “The LEGO®...
Xander Cage is left for dead after an incident, though he secretly returns...
Terwyl sy een aand weer lustig voorklets op die foon, vermoor iemand haar...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Finance minister Pravin Gordan says they considered a VAT increase for the 2017 budget, but that an increase should be fine-tuned so that poor people do not have to pay more. Are you willing to pay increased VAT on so-called ‘sin-items’ (alcohol, cigarettes, chocolates, confectionary, certain cuts of prime beef etc) and luxury goods so that basic items can be exempt or remain at 14%?
Yes, the privileged has a responsibility to pay for the poor.
George Herald 41%
No, everyone, regardless of income, should contribute to the state coffers. There’s no such thing as a free lunch.
George Herald 5%
Not as long as our taxes are disappearing down a bottomless pit without recourse.
George Herald 55%
Men
Women
Search
I'm a 63 year old man looking to meet women between the ages of 48 and 66.
I'm a 39 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 43.