Translate to: 

So word daar afgerig

6
My rugbykennis en –ondervinding is meer beperk as ons twee onopregte honde se ervaring van sushi en kreef.
 
Daarom kan ek nie deelneem aan die gesprekke oor die Springbokke se vertoning en anti-prestasie op die veld nie. Wat ek wel aflei is dat die arme afrigter nie buiten-sporig hoog op enige gewildheidsleer, behalwe dalk die opposisie s'n, is nie. En, vir die afrigter het ek wel raad; kontak vir Francois in die Kaap, want Francois het in een middagsessie vir my presies geleer hoe om sokker af te rig en ek is oortuig hy sal dieselfde met rugby kan doen.
Dalk moet ek Francois se afrigstrategie verduidelik soos ek dit destyds ervaar het. Ek sal liefs die plek en die jaartal verswyg, mens weet nooit hoe lank koester sokkerspelertjies en ouers van sokkerspelertjies 'n wrok nie.
 
As jong onderwyser kry ek 'n pos by 'n Engelse skool en met die onderhoud is ek eerlik en ek lig die keurpaneel in dat ek algeheel en totaal geen begrip, kennis, kundigheid of aanleg vir rugby het nie. Hulle is verheug daaroor, want hulle skool speel sokker en op die personeel is 'n man wat my in 'n japtrap oor sokker sal leer. Ek kry die pos en toe sokkerseisoen aanbreek kry ek my eerste afrigtingsles by Francois. (Hier moet ek net noem dat die spesifieke dorp aan 'n woestyn grens en dat die wind en die mis en die koue net soggens vir 'n paar ure wyk. Vir die res van die dag is dit maar mistroostig en winderig.)
 
Ek tref Francois op die sokkerveld aan. Hy sit in sy geel Ford Granada wat op die kant van die veld met die neus op die middellyn geparkeer is. Die twee spannetjies (syne en die een wat ek moet afrig) staan en bewe in die wind en hulle kyk in afwagting na die Granada waarin ons el-keen met 'n botteltjie Coke sit.
 
"Wanneer begin ons?" vra ek.
"Sommer nou," en met die woorde druk hy die toeter eenkeer en sit die kar se linker flikkerlig aan. Die span links van ons skop af.
 
"Kyk, sokker is eenvoudig," sê Francois terwyl die kinders die bal rondskop.
 
"Daar's net vier reëls: Off-side, jy mag nie iemand trip nie, jy mag nie jou hande gebruik nie en die bal moet in die veld bly," en met dit druk hy die toeter twee keer en sit die kar se regter flikkerlig aan.
 
Onmiddellik val die linkerkantste span 'n entjie terug en die regterkantste span skop.
"Sien, daai was nou 'n penalty, want daai dik outjie het die ou met die bal getrip."
 
Die regterkantste span benut die strafskop en na 'n blitsige aanval skop hulle 'n doel. Die doel word bevestig deur drie knalle van die Granada se toeter, 'n flits van die hoofligte en die regter flikker wat flits.
 
En so verloop die middag. Ek en Francois drink Coke (na skool kom daar iets by het ek uitgevind), die wind huil en die kinders speel en hou die Granada dop as die toeter raas; Een kort toet dui die afskop aan, twee kortes is 'n strafskop vir pootjie, een lange beteken strafskop vir hande op die bal en twee langes wys die bal is uit. Die flikkerlig dui elke keer aan wie kry die voordeel.
 
"Wat is die sein vir onkant? Ek sien jy het nog nie iemand daarvoor gestraf nie, hulle het mooi geleer," waag ek.
 
"Nee, met oefening is daar nie off-side nie, want daarvoor moet mens in die koue uitklim en saam met die bal beweeg."
09:23 (GMT+2), Thu, 01 December 2016
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

A new chapter in the beloved 'Ring' horror franchise. A young woman becomes...
Belle (Emma Watson), a bright, beautiful and independent young woman, is...
Saban's Power Rangers follows five ordinary teens who must become something...
Emma le Roux is on her way home to the family farm in the Great Karoo....
Bodi (Luke Wilson), a wide-eyed Tibetan Mastiff, is expected to become the...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Do you think you neighbourhood watch is effective in combating crime?
Yes
George Herald 79%
No
George Herald 8%
I don't think there is a neighbourhood watch in my area
George Herald 13%
Men
Women
Search
I'm a 42 year old man looking to meet men between the ages of 25 and 60.
I'm a 54 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 55.