|
|
GELUK AAN CAMERON – MAAR WAT VAN ONS?
08:57 (GMT+2), Mon, 20 August 2012
|
Toe Cameron van der Burgh die oggend na sy swemsege wakker word en nasy goue medalje kyk, het dit vir hom gevoel asof hy ‘n ‘nuwe baba het wat die res van sy lewe heeltemal gaan verander’ was sy woorde.
Vir die eerste keer in ‘n lang tyd stem die nasie weer saam oor iets en dit is dat almal trots is op Cameron vir sy groot prestasie. Ons salueer Cameron dat hy ons almal weer ‘n slag goed laat voel het!
Maar kom ons skep moed. Daar is ook vir ons ander ‘gewone outjies’ elkeen ‘ngeleentheid om ‘n ‘goue medalje’ te wen.
Jesus het gesê : “Elkeen wat onder julle groot wil word moet julle dienaar wees en elkeen wat onder julle die eerste wil word moet almal se dienskneg wees” (Matt. 10:42 -44) Dit is dus baie maklik om op geestelike gebied ‘n ‘goue medalje’ te ontvang.
Die weg daarna is deur nederige dienswerk. Vir so ‘n persoon hang Christus self aan die einde van sy lewe die ‘goue medalje’ om sy nek met die woorde: “Mooi so goeie dienskneg, omdat jy in die minste getrou gewees het moet jy gesag hê oor tien stede”( Luk 19:17)
Hoe werk dit in die praktyk? ‘n Goeie voorbeeld is wat gebeur het jare gelede toe Billy Graham ‘n evangelisasie veldtog in Suid-Afrika kom hou het. Vrywillgers het voor die tyd saamgekom en aan hulle is verskeie take uitgedeel, bv. party moes plekaanwysers wees, ander moes die verkeer reguleer, rommel optel, ens.
Onder andere was daar ook ‘n klomp geestelike leiers teenwoordig by hierdie vooraf geleentheid. Die voorsitter van die reelingskomittee het gemeld dat daar ‘n groot klomp tydelike toiletteopgerig is vir die groot skare wat verwag word.
Toe daar gevra is wie bereid sal wees om op die toiletspan te dien (wat die toilette gedurende die veldtog gereeld sou skoonmaak),was die persoon wat heel eerste sy hand opgesteek het, aartsbiskop Bill Burnett van die Anglikaanse Kerk.
Hy leef nie meer vandag nie maar ek onthou hom nog as ‘n nederige, sagsinnige mens met ‘n effense haakneus en ‘n skerpsinnige gelaat. Daardie dag het hy gewys dat hy die eer werd is om hoof van die Anglikaanse Kerk te wees. Wat hy gedoen het, het sy denominasie en die Naam van Christus tot eer gestrek.
By die ry waar ‘n mens moet aanmeld vir nederige diens in die samelewing of die Kerk is daar baie plek vir almal. Hier stamp mense mekaar nie juis uit die pad om heel voor in die ry te kom nie…
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Blog Postings
|
|
Mouthwash:
Reguleer jouself
|
|
|
|
Déjà vu :
Naweeknotas A: I quit...?
|
|
|
|
Lugtyd:
Dankie tog!
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
It's all in the alphabet
|
|
|
|
Chatterbox:
Wrap your head around this...!
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Hope in the Lord
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
Eating out hard to swallow
|
|
|
|
Chatterbox:
Die krokodil
|
|
|
|
Those Camera Guys:
Next-generation Olympus PEN
|
|
|
|
The Jolly Lama:
The basis of all morality
|
|
|
|
|
|
|
|
|
George Herald Blogs
|
|
Chatterbox
|
|
|
|
Déjà vu
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie
|
|
|
|
Life in the Slow Lane
|
|
|
|
Lugtyd
|
|
|
|
Mouthwash
|
|
|
|
The Jolly Lama
|
|
|
|
Those Camera Guys
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 42.
I'm a 30 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 35.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 42 and 58.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 32 and 45.
|
|
|
|
|
|
|