George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Die drie apies
16:06 (GMT+2), Wed, 01 August 2012
6
Jare gelede het my ma een van daai bekende beeldjies gehad van die drie apies wat in 'n ry sit; een hou sy hande oor sy ore, een oor sy oë en die derde een hou sy mond toe.

Die drie apies was alom bekend as "hear no evil, see no evil and speak no evil" en op 'n stadium het een of ander grapjas 'n vierde apie bygevoeg met sy hande oor 'n sensitiewe plek en sy naam was "do no evil".

Met die afgelope week se politieke gebeure in ons dorp kon ek nie anders as om aan die drie, of dan vier, apies te dink nie. In my gedagtes het hulle net ander name; hear nothing, see nothing, say nothing and do nothing. Want dit is presies hoe dit vir my lyk dit in die kantore van ons besluitnemers gaan wat veronderstel is om 'n demokratiese proses te volg en na ons belange om te sien.

As ons kyk na die optrede van die burgemeester, die speaker, die beleerde (mag ek nou al sê 'gewese') munisipale bestuurder en 'n paar ander amptenare wat botweg weier om 'n raadsbesluit uit te voer kan mens tot geen ander slotsom kom as dat hulle soos klein standbeeldjies stom, doof en blind net daar sit en hoop alles gaan weg nie.

Dit gaan my verstand te bowe, en ek is nie skaam om te sê dat my verstand my darem regdeur 'n skoolloopbaan en een of twee ander inrigtings gedra het nie, dat enige regdenkende mens kan dink hy het soveel mag dat hy net eenvoudig sy hande oor sy ore, oë en mond kan slaan en dink almal gaan agteroor sit en dit aanvaar. (Van skool gepraat, ek hoor die mense sê dit was op die nuus dat ons president - die land s'n natuurlik - sy matriek geslaag het en alle Suid-Afrikaners aanmoedig om dieselfde te doen- daar's nou 'n opregte en eerbare uitdaging aan 'n paar ander besluitnemers en 'presidente'. Aan die ander kant weet ek ook nie meer so mooi of 'n Suid-Afrikaanse matriek nog vir veel langer iets gaan beteken nie, want in koerante die week is berig dat Suid-Afrika se onderwys op die 133ste plek uit 142 lande sit.)

Kyk 'n mens na sommige besluite deur sommige politici, en nou moet ek darem erken dat die eer nie net ons plaaslike outjies toeval nie, wat landwyd net eenvoudig weier om demokratiese prosesse te volg as dit hulle nie pas nie laat dit nogal 'n naar kol op die maag. Dalk het ons swak prestasie op onderwysvlak en dienslewering in die algemeen, meer te doen met drie figure in 'n beeldjie as wat ons dink. Onwillekeurig dink ek sommer nou ook aan ons agbare vorige minister van gesondheid wat knoffel en beet aanbeveel het om HIV te bekamp.

Die drie apies was vir baie jare die bron van menige glimlagte in huishoudings regoor die land, en seker die wêreld, maar as politieke leiers hulle begin gebruik as rolmodelle is ons in groot moeilikheid.
Posted by Hannes Visser | Email Send to a friend | Print Print Article | Bookmark and Share
Your Comments...
 
hannes says: 15/08/2012 09:20:22
Natuurlik, Liana. Dis geen probleem nie.
Groete, Hannes
liana says: 14/08/2012 16:55:11
Mag ek jou quote op George Onafhanklike Belastingsforum se facebook page?
Groete Liana Pettifer

Please login at the top of the page.
Latest Blog Postings
Inspirasie viri Nasie: Secret petitions
Those Camera Guys: Adobe who?
Life in the Slow Lane: Long life coming up short
Mouthwash: Reguleer jouself
Déjà vu : Naweeknotas A: I quit...?
Lugtyd: Dankie tog!
Life in the Slow Lane: It's all in the alphabet
Chatterbox: Wrap your head around this...!
Inspirasie viri Nasie: Hope in the Lord
Life in the Slow Lane: Eating out hard to swallow
George Herald Blogs
Chatterbox
Déjà vu
Inspirasie viri Nasie
Life in the Slow Lane
Lugtyd
Mouthwash
The Jolly Lama
Those Camera Guys
Men
Women
Search
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 50 and 63.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 29 and 49.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms