George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Prins Albert se rooi, rooi hoed
15:13 (GMT+2), Thu, 05 July 2012
13
Van my dag af was ek gaande oor Prins Albert. Ek onthou hoe ek myself telkens wanneer pa haastig deur die hoofstraat snel op pad Mosselbaai toe van Williston af, myself belowe het…’eendag, eendag sal ek stilhou en straat op straat te voet verken….’

All good things come to those who wait, lui die spreekwoord tereg en wag, dié moes ek wag tot omtrent drie jaar gelede, voor my kinderdroom bewaarheid kon word. Dis mooitjies die jaar toe my ouderdom my rokgrootte verbygevat het.

Vandeesnaweek was weer so ‘n geleentheid – ‘n hele naweek van pure Karoo-sonskyn en blou lug, kabbelende leivore, malse spekbome, helder bougainvillas en daardie verleidelike smal straatjies met die pikante huisies met plek-plek soos skoendose op ‘n winkelrak ingeryg staan.

Ek kén klein dorpies – ek het immers op een grootgeword, maar Prins Albert is vry van daardie verstikkende benepenheid wat sulke nedersettings soms kenmerk. Miskien het dit iets te make met die feit dat dit eintlik as ‘n ‘Victorian village’ beskryf word. Boonop vier die dorp vanjaar 250 jaar sedert die eerste boere in die vallei kom vestig het en ook nie net een groot fees nie, maar sommer ‘n jaar daarvan met ‘n maandelikse opskop vir elke moontlik ding wat gevier kan word!

Raakvatmense met ‘n passie vir hulle dorp en sy geskiedenis. En dis juis hierdie geskiedenis-passie wat op die mees innoverende manier denkbaar uitgebeeld word: op asdromme! Dis ‘n ongelooflike gesig: hordes wandelaars in die strate, knielend voor asdromme waarop die dorpsgeskiedenis sinopties en met die mooiste kunswerke weergegee word. Dit maak ‘n mens sommer lus om rommel te genereer sodat jy dit in een van hierdie ‘skeppings’ kan gaan deponeer!

Ag, daar is baie dinge wat ‘n besoek aan Prins Albert betref waaroor ‘n mens liries kan raak (soveel so dat jy uiteindelik ‘n onsamehangende blog soos hierdie ene neerpen), maar my ontmoeting met Hannah en Anna vereis bowenal vermelding.
Die maanligmark word aangebied op ‘n leë erf wat in ‘n tipe markplein omskep is. Vroegaand al brand vure in stylvolle gietyster-houers om die ergste Karoo-koue te verdryf. Mense kom aan met piekniekmandjies belaai met lekkernye en neem stelling op strooibale. Die moderne uitrustings en flits van kameras ten spyt, herinner die ongekomplisserde atmosfeer aan iets uit vervloeë dae. En toe vang my oog die meisietjie met die rooi truitjie en bypassende rooi hoed…

Ek ‘agtervolg’ haar en haar donkerkopmaatjie geklee in pienk.Toe ek merk dat hulle glad nie inkennig is nie, vra ek of ek ‘n foto van die twee kan neem. Tog te in hulle noppies, gee hulle hul beste 9-jarige ‘Vanity Fair’-pose en ek vra hulle name.
“I am Anna,” sê Rooihoed…. “and I am Hannah,” sê Pienksweetpak…. “and we are from Cape Town,” antwoord hulle so te sê gelyktydig.

Die twee babbel toe verder dat hulle oumas, wat albei op Prins Albert woon, vriendinne is en vandaar dus hulle hegte ‘susterskap’. En dié rooi hoed, vra ek, vanwee my eie hoedeliefhebbery. “O, it belongs to my grandmother,” sê Anna terwyl sy haar kennetjie kordaat lig todat dit lyk asof sy skielik ‘n sentimeter of wat hoër staan, asof sy skielik bewus geword het van haar afkoms en linie.

Toe ek die tweetjies so kyk is dit vir my die komplete versinnebeelding van Prins Albert se 250 feesleuse: ‘Honour our roots, Inspire our youth’. Wie weet, oor nog 250 jaar wanneer die rooi van Anna se ouma se hoed nie eens meer ‘n vae herinnering is nie, loop daar dalk nog steeds dogtertjies in kosbare, klein dorpies se strate waar hulle hegte vriendskappe smee wat leeftye hou.

Dalk kan dit nét gebeur as ons die toekoms belangrik genoeg ag, dat ons hulle sal kroon met die kordate rooi hoed van ‘n ryk verlede.


Posted by Cornelle Carstens | Email Send to a friend | Print Print Article | Bookmark and Share
Your Comments...
 
wimpycoffee says: 10/07/2012 13:03:56
Wow dis so mooi, as hulle inskryf vir dorp van die jaar moet hulle die stuk gebruik. Jy het darm 'n mooi talent gekry.

Please login at the top of the page.
Latest Blog Postings
Inspirasie viri Nasie: Secret petitions
Those Camera Guys: Adobe who?
Life in the Slow Lane: Long life coming up short
Mouthwash: Reguleer jouself
Déjà vu : Naweeknotas A: I quit...?
Lugtyd: Dankie tog!
Life in the Slow Lane: It's all in the alphabet
Chatterbox: Wrap your head around this...!
Inspirasie viri Nasie: Hope in the Lord
Life in the Slow Lane: Eating out hard to swallow
George Herald Blogs
Chatterbox
Déjà vu
Inspirasie viri Nasie
Life in the Slow Lane
Lugtyd
Mouthwash
The Jolly Lama
Those Camera Guys
Men
Women
Search
I'm a 50 year old man looking to meet women between the ages of 39 and 50.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 29 and 49.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms