|
|
Breek eers af
07:21 (GMT+2), Fri, 29 June 2012
|
Die stasiegebou op Oudtshoorn wat dag na dag verder geplunder word is seker maar net nog 'n sigbare simbool van die Afrika-gier "Breek af en hoop dan iemand bou weer op." Dis goed en wel om verandering voor te staan en in ons reënboogland het ons dit op baie vlakke suksesvol reggekry, maar tot ons skaamte moet ons erken dat ons op 'n hele klomp vlakke totale blapse aangejaag het.
Ons paaie kreun onder derduisende swaar vragmotors terwyl miljarde se spoorweg-infrastruktuur doodeenvoudig toegelaat word om te verdwyn. Nou is wetgewing op pad om vragmotorbestuurders se ure op die pad te beperk en daar word glo gekyk na die opgradering van spoorvervoer - met watter geld?
In Limpopo sit leerders al vir ses maande op skoolbanke sonder boeke terwyl pakkamers propvol boeke staan waarvoor die verskaffers waarskynlik lankal hulle miljoene ontvang het en op duur karre en oorsese reise geblaas het. Elders in dieselfde provinsie word 'n maatskappy miljoene betaal om "ou en onbruikbare" boeke waarvan duisende nog in hul oorspronklike verpakking is, te vernietig. Op televisie wys hulle 'n verveelde werker wat met 'n bandsaag besig is om splinternuwe boeke stukkend te sny en op 'n hoop te gooi.
Op Grabouw is 'n skool verwoes omdat daar te min plek was en nou word 'n nuwe een gebou. Dalk is ek ook net plein onnosel (met geen verwysing na enige besluitnemers), maar ek sou dink dat mens dit wat jy het oppas en gebruik so ver moontlik totdat daar bygevoeg kan word. 'n Dak wat lek was nog altyd, in my oningeligte kop, beter as geen dak nie.
Op 'n stadium is alle biblioteekposte by skole afgeskaf. Biblioteke het stoorkamers geword en boeke is iewers gestoor of weggegooi. Nou huil almal dat nuwe biblioteke ingerig moet word.
Ek hoop net nie die nuwe biblioteke word gebruik soos die een by 'n nuwe skool waar die hoof 'n paar jaar gelede met trots vir my gewys het hoe pragtig sy skool s'n lyk en toe bygevoeg het "Maar mens kan nie die kleingoed hier toelaat nie, hulle sal die hele plek omkrap." Toe ek die laaste keer daar was, was die honderde geskenkte boeke steeds in bokse.
Verandering is nodig, dit weet ons almal en ons probeer dit al vir 18 jaar vermag, maar genade daar is 'n groot verskil tussen verander en afbreek. Net soos wat daar 'n groot verskil is tussen geld verdien en geld steel. By geld steel is ook 'n interessante tendens, hoe meer 'n persoon verdien hoe groter blyk die behoefte te wees om te steel. Dit maak seker sin, as mens nooit baie geld het nie het jy mos net 'n bietjie nodig om te oorleef, maar as jy baie geld het het jy baie meer nodig om 'n lewenstyl te handhaaf.
Oor die gesprekke rondom plase en myne gaan ek nie eers probeer sin maak nie, ek dink dat die voorbeeld van Zimbabwe, Mosambiek en Angola genoeg is om te wys wat kan gebeur, maar wat weet ek?
As afbreek so suksesvol beloon word wonder ek ernstig of ek nie my twee ouerige motors en 'n hopie huisraad aan die brand moet steek en dan eis dat dit met nuwes vervang word nie.
Of dalk moet ek myself iewers in die amptenary of politiek inwurm dan kan ek 'n ander ou se nuwe goed vat of nuwes koop met belastingbetalers se geld.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Blog Postings
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Secret petitions
|
|
|
|
Those Camera Guys:
Adobe who?
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
Long life coming up short
|
|
|
|
Mouthwash:
Reguleer jouself
|
|
|
|
Déjà vu :
Naweeknotas A: I quit...?
|
|
|
|
Lugtyd:
Dankie tog!
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
It's all in the alphabet
|
|
|
|
Chatterbox:
Wrap your head around this...!
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Hope in the Lord
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
Eating out hard to swallow
|
|
|
|
|
|
|
|
|
George Herald Blogs
|
|
Chatterbox
|
|
|
|
Déjà vu
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie
|
|
|
|
Life in the Slow Lane
|
|
|
|
Lugtyd
|
|
|
|
Mouthwash
|
|
|
|
The Jolly Lama
|
|
|
|
Those Camera Guys
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 37 year old man looking to meet women between the ages of 20 and 45.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 55.
I'm a 30 year old woman looking to meet men between the ages of 29 and 42.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 38 and 50.
|
|
|
|
|
|
|