|
|
Eensaamheid: die stille moordenaar
12:21 (GMT+2), Mon, 16 April 2012
|
*Die wêreldberoemde fisikus en genie, Albert Einstein: "Dit is vreemd om so alombekend te wees en tog so eensaam te voel."
Kan 'n mens dit glo. 'n Wêreldberoemde man.
Wat boeke geskryf het, op die lippe van almal is.
En hy kla oor eensaamheid.
Daar is nie mens op aarde wat nie soms eensaam voel nie Eensaamheid beteken nie noodwendig dat ek alleen is nie.
Ek kan omring wees deur mense.
Elvis ‘n paar weke voor sy dood aan joernalis: I am as lonely as hell!
Ek kan vol en besige lewe hˆen tog nog bitter eensaam wees. Mense in groot woonstelblokke wat soos versamelvoeltjies in reuse nes woon is van die eensaamste mense wat jy kry.
Beweeg elke dag in en uit uit sy woonstel.
Ken nie mense wat om hom woon nie.
Dit is seker ergste eensaamheid wat jy kan ervaar.
Almal kla oor eensaamheid.
Bejaardes kla.
Sit in klein wooneenhede.
Voel vergete deur hulle families.
Jong kinders kla oor eensaamheid.
Die tieners kla.
Baie pleeg selfmoord omdat niemand hulle verstaan nie.
Drink pille.
22 selfmoorde per dag in SA en ongeveer 200 selfmoordpogings
Huisvrouens kla.
Ek voel soms so alleen en eensaam by die huis.
My man is weg en kinders is uit huis.
Aktiewe werkende mans kla.
Ek dra eensaam aan my gesin se probleme.
Filmsterre en beroemde persoonlikhede se
lewens eindig soms tragies in die grootste eensaamheid.
*Daarom word eensaamheid ook genoem "The silent killer".
Want eensaamheid maak my stilweg dood.
Dit vermoor jou gees, siel en liggaam... geleidelik en stilweg.
"Ek lees in die oggende die doodsberigte in die koerant. As ek my eie naam nie daar sien nie dan weet ek ek lewe nog."
In meningsopname in psigiatriese hospitaal het 80% van die pasiënte gesê dat dit eensaamheid was wat hulle daartoe gedwing het om sielkundige hulp in te kry.
*David Jeremiah ( "Overcoming loneliness" ) noem eensaamheid "The disease of the decade. Perhaps of every decade."
Luister na die woorde van popliedjies en country en western liedjies.
En almal praat van frustrasie, eensaamheid, leegheid ens. Gebroke verhoudings, ontrouheid en verlatenheid.
'n Student aan die universiteitskampus het die volgende op sy lessenaar uitgekrap: "Hoekom is ek so eensaam al is hier tweeduisend mense om my?"
Ja daar is tye wat eensaamheid aan ons vreet soos kanker. Sondes waarvan ek alleen weet.
Vernederings en seerkry wat ek dig toesluit in my hart en waarvanek niemand vertel nie.
Die Bybel praat baie oor die verskynsel van eensaamheid.
Van die grootste bybelfigure kla oor eensaamheid.
In Ps. 102 kla die banneling wat uit sy land verban is van die geweldige eensaamheid en verlange na sy vaderland.
Vs. 7 en 8: "Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn. Ek het geword soos 'n uil op die puinhope. Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak."
Pelikaan:bek rus op bors-kop ingetrek in skouers-baie sombere voel-begrafnis ondernemer
*DIE TROOS IN EENSAAMHEID
In die Bybel is daar baie troos vir die eensame.
Die grootste troos is dat God verstaan.
Ook die Here Jesus het eensaamheid geken.
Sy eie volk het Hom verwerp.
Joh. 1:11: "Hy het na sy eiendom gekom en sy eie mense het hom nie aangeneem nie."
Sy dissipels het hom in die uur van nood in die steek gelaat.
Judas het Hom verraai.
Op die ou end hang Hy alleen aan 'nkruis, tussen misdadigers.
Dan word alles donker om Hom en uit sy benoude siel word daar die woorde gepers:
*"My God, my God, waarom het U my verlaat." (Mt. 27:46) Jesus het Sy stryd alleen gestry en Sy kruis alleen gedra. In Getsemane en op Golgota was Hy die Eensame Worstelaar van God en mens verlate.
Dit het Hy gedoen sodat ons kon weet dat Hy die pyn en eensaamheid van menswees verstaan.
En Hy het dit ook gedoen sodat ons nooit weer deur God verlaat sou word nie... en sodat ons nooit weer eensaam hoef te voel nie.
Ook in my eensaamheid kan ek onthou dat Jesus naby is.
Hy verstaan en antwoord op my noodgeroep.
Vs. 3: "Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie. Neig U oor tot my op die dag as ek roep.Verhoor my gou."
Elkeen wat opreg na die Here roep sal verhoor word.
Vs. 14: "U sal opstaan, u oor Sion ontferm, want dit is tyd om homgenadig te wees, want die bestemde tyd het gekom."
God het ook 'n "bestemde tyd" vir my.
My lewe en tye is in Sy hande.
Ek bestaan nie maar net doelloos voort nie.
Hy is op pad ˆÀrens heen met my.
Hy luister na die gebed van die wat alles verloor het.
Vs. 18: "Hy het hom gewend tot die gebed van die wat ontbloot is.
En hulle gebed nie verag nie."
Uit die hemel sien Hy alles wat op die aarde gebeur.
Ek is nie vergete nie.
Vs. 20: "Omdat hy van Sy heilige hoogte neergesien het, die Hereuit die hemel op die aarde gelet het."
*Jes. 49:15:"Kan 'n vrou haar suigeling vergeet? Miskien sal hulle kanvergeet, nogtans sal ek jou nie vergeet nie. Kyk ek het jou in my handpalms gegraveer."
*Ps. 34:16: "Die oë van die Here is op die regverdiges en Hy luister na hulle hulpgeroep."
Ps. 102:21: "Hy hoor die gekerm van die gevangenis en maak los diekinders van die dood."
Hier op aarde is ek nooit alleen, vergete of verworpe nie. God is met sy kinders.
Ek is in God se oog en hart verewig.
Mense kan my teleurstel maar God bly dieselfde.
VS. 28: "Maar U bly dieselfde en u jare het geen einde nie."
*DIE OPLOSSING VIR EENSAAMHEID/THE ANSWER TO LONELINESS
Is daar 'n oplossing vir eensaamheid.
Hoe kan ek uit die doolhof ontvlug.
Wat kan ek prakties doen.
Ek moet meer aandag gee aan my verhouding met God.
Adam en Eva se eensaamheid het gekom toe hulle verhouding met God versteur is.
Dalk het my verhouding met God afgekoel en nou ervaar ek hierdie gevoel van verworpenheid en doelloosheid.
Daar mag dalk selfs openlike sonde in my lewe teenwoordig wees. Enige oplossing vir eensaamheid wat nie eers rekening hou met my verhouding met God nie, sal slegs vir my tydelike uitkoms bied.
Na 'n rukkie sal ek weer in die diepste eensaamheid terug verval.
*Pascal (die bekende Franse wetenskaplike ): In elke menslike hart is daar 'n vakuum wat net deur God gevul kan word.
Augustinus het gesˆÀ dat: "God het die mens vir Homself geskape enons harte kan alleen tot ruste kom as ons ons rus in God vind.
Om eensaamheid te oorkom moet ek besef dat ek die inisiatief salmoet neem.
Ek sal die eerste stap moet doen om die proses van my genesing aandie gang te sit.
Ek moet verantwoordelikheid neem vir my eie situasie.
Dit help nie ek blameer ander nie.
Al is hulle skuldig.
As daar sonde in my lewe is moet ek dit aflˆÀ.
Ek moet die seer oopsteek dat hy kan genees.
Ek moet my vergifnis ontvang.
As God my vergewe het is my verlede verby.
Dan moet ek ook ander vergewe wat ek voel die oorsaak is van my eensaamheid.
Dit is hier waar my genesing begin.
Moenie passief sit en wag nie.
Begin onmiddellik iets doen.
Moenie sit en wag dat ander iets moet doen oor jou eensaamheid nie.
Jy moet self iets begin doen.
Nadat jy jou hart uitgepraat het met God kan jy ook jou hart uitpraat met ander persoon.
*Oswald Saunders: "As die eensame mens sy soeke na iemand wat vir hom omgee kan laat staan en eerder kan soek vir iemand vir wie hy kan omgee, sal hy verbaas wees om te ontdek dat sy eensaamheid draaglik word. Ja, dat dit selfs heeltemal kan verdwyn."
Ons grootste stryd is ons houding wat ons het teenoor onseensaamheid.
*Leer om jouself te deel met ander/Learn to share yourself with others
'n Groot deel van mense se eensaamheid lˆÀ daarin dat hulle nie hulleself met ander kan deel nie.
Hulle verhouding met ander mense is altyd oppervlakkig.
Hulle praat altyd oor ditjies en datjies.
Koeitjies en kalfies.
Maar nooit oor die dieper dinge en die hartseer in hulle harte nie.
Omdat hulle nie kan deel nie is hulle eensaam.
Hulle leef in 'n donker, eensame wˆÀreld waar hulle niemand anders toelaat nie.
*1Joh. 1:7 : "Ons moet gemeenskap met mekaar hê ".
Die woord gemeenskap beteken dat ons onsself moet deel met mekaar.
Ons moet werklik onsself, gevoelens, probleme en vreugdes metander deel.
Ek moet dus uitkom in die lig.
Myself bekend maak aan mense.
Daar moet by my 'n eerlikheid en openlikheid kom teenoor mense.
Hoe eerliker en oper ek teenoor mense is, hoe minder eensaam sal ek wees.
*Niemand kan jou help as jy nie jouself wil help nie. Niemand kan jou oop forseer as jy nie die deur van jou hart wil oopmaak nie. Hy het net knop aan die binnekant.
Eensame mense raak so in hulle self gekeer dat hulle nie meer wiluitbeweeg na ander mense nie.
Almal moet altyd na hulle toe kom.
En selfs as mense na hulle toe kom loop hulle hul vas in 'n muur van geslotenheid, afsydigheid.
Ek moet leer om te kan deel om eensaamheid te oorwin.
*Jy kan nie sonlig aan ander gee sonder om self ook warm te word nie.
Maak dit jou grootste strewe.
Om eensames raak te sien en hulle te help.
AMEN
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Blog Postings
|
|
The Jolly Lama:
Spotting a bully
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Getting quiet
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Joost: Rustyd of eindfluitjie?
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
A case for proper polygamy?
|
|
|
|
Mouthwash:
Taal
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
A soapy with a true to life tale
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Winning and losing
|
|
|
|
Those Camera Guys:
Canon are up to something really cool
|
|
|
|
Lugtyd:
Winter op sy beste
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
Enough to make your hair stand on end
|
|
|
|
|
|
|
|
|
George Herald Blogs
|
|
Chatterbox
|
|
|
|
Déjà vu
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie
|
|
|
|
Life in the Slow Lane
|
|
|
|
Lugtyd
|
|
|
|
Mouthwash
|
|
|
|
The Jolly Lama
|
|
|
|
Those Camera Guys
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 51 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 55.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
I'm a 51 year old woman looking to meet men between the ages of 48 and 62.
I'm a 40 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 60.
|
|
|
|
|
|
|