Brink wen jagtersvereniging se skietdag
SUID-KAAP NUUS - Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging, in samewerking met Bay Guns en Prince Albert-landbouvereniging, het 'n geslaagde skietdag op die plaas Rietfontein van Joseph Steyn aangebied.

Die algehele wenner was Jaco Brink.

Ten spyte van die feit dat daar twee belangrike gebeurtenisse in die vorm van 'n gemeeskapsfees en die Merweville Kerkbasaar in die omgewing plaasgevind het, was die opkoms steeds verbasend goed.

Die kompetisie het in ideale weersomstandighede plaasgevind en die wind kon nie blameer word as die gaatjie nie gesit het waar die skut hom graag sou wou hê nie.

Die dag is deur Johan van Wyk, eienaar van Bay Guns in Mosselbaai, geborg. Al die pryse was in die vorm van koopbewyse.

Die uitslae was:

Jaggeweer: 1 Jaco Brink; 2 Danie Barnard; 3 Adriaan Botes.
Juniors: 1 De Waal Nigrini; 2 Paul Doubell; 3 Rudi Lerm.
Veterane: 1 Piet van Wyk; 2 Arthur Lillford; 3 Naudé Viljoen.