GEORGE NUUSFLITS - Alles dui daarop dat polisiekonstabel Bongani Michael Maqhayi (31) sy vrou Ayanda Andrias-Maqhayi (32) en hul tweeling baba seuntjie en -dogtertjie (8 maande) doodgeskiet het en daarna homself om die lewe gebring het.
Die Mqhayi-gesin se lyke is Sondagmiddag (22 April) omstreeks 13:00 by die ingang van die Bergkwagga Nasionale Park, 25km van Cradock in die Oos-Kaap in hul motor gevind.
Die Mqhayi's was onderweg na George ná hulle die afgelope naweek tradisioneel in die huwelik bevestig is in Cradock. Hulle was reeds wettiglik getroud, maar het hul wens vervul om ook volgens hul tradisie te trou.
Lees gister se nuusflits hier.
LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL HIER.
|