Translate to: 

George-seun in Wêreldbekergroep

George-seun in Wêreldbekergroep
DuRandt Gerber in aksie in Italië.
GEORGE NUUS - ‘n Oud-leerling van Laerskool George-Suid en Hoërskool Outeniqua, DuRandt Gerber, het die afgelope week sy groot deurbraak na jarelange toewyding op die rugbyveld gemaak toe hy vir die wêreldbeker-oefenkamp van die Italiaanse nasionale span nader geroep is.

Hy is ook gekies om Italië A in die Churchill Cup-toernooi in Engeland teen Kanada en Rusland te verteenwoordig met die oog op die nasionale span.

DuRandt het sy rugbyloopbaan by Laerskool George-Suid begin as heelagter. Hoewel hy altyd vir die A-spanne gespeel het, het hy nooit enige noemenswaardige hoogtes bereik nie.

Op hoërskool het hy in matriek in 2000 slegs die tweede span gehaal en was reserwe vir die eerste span.
Hy het egter in 2002 onder die bekwame afrigting van Wium Albertyn by Saasveld na losskakel verskuif in ‘n span wat slegs in die kusliga (3de liga) gespeel het, maar dadelik sy potensiaal in die posisie gewys. So bereik hy dan ook sy eerste hoogtes in sy tweede en derde jaar as onderkaptein van die span. In sy 1ste en 3de jaar in Saasveld het hy die SA AGRI-span verteenwoor-dig.

Hy gryp sy kanse in 2001 ten volle aan en verskuif in vyf wedstryde van 3de span heelagter tot 1ste span losskakel. Hy speel ook dieselfde jaar vir die SWD o.19-span sowel as die SWD-Amateurspan as 19-jarige.

Tydens ‘n ontspanne sosiale "touchies"-wedstryd op Herolsbaai se strand sien Shaun Haygen, wat toe al by Maties, Pietersburg Noordelikes en in Italië afgerig het, hom raak en bied hom die geleentheid aan om in Limpopo te gaan rugby speel. ‘n Moeilike besluit. Tussen klub vlak en provinsiale vlak in George en in Pietersburg is daar nie regtig vorderings moontlikhede nie.
Hy vat die kans en verhuis in Mei 2005 na Pietersburg. In ‘n baie kort tyd speel hy vir Noordelikes (liga houers) se 1ste span, Limpopo Blou Bulle se Platteland- en Amateur-spanne en is kaptein van die 7’s span. In 2006 bou hy daarop voort en sluit die seisoen af as kaptein van die liga wenners, top punte maker en die LPP BB se kaptein. Hy verhuis ná die seisoen na Frascati in Italië.

Aan die einde van sy eerste seisoen daar keer hy terug na George vir ‘n blaaskansie. Voormalige Springbok flank, Klippies Kritzinger, afrigter het egter ander planne vir hom en kies hom as losskakel vir die LPP BB om aan ‘n toernooi in Rusland deel te neem.

Die 2007/08 seisoen speel hy vir die Algero-klub, maar sy spelpeil hou hom nie baie lank daar nie. In 2008 koop die Gran Parma-klub, wat in die Super 10-reeks speel, hom waar hy vir die volgende drie seisoene speel. In sy laaste jaar ontvang hy die toekenning as beste speler sowel as voorste driedrukker.

In die 2010/11 seisoen speel hy vir die Granducato-klub wat vyfde in die super 10-liga eindig en is weer eens die top driedrukker in die span met ses drieë.

DuRandt en sy verloofde, Candice Erskine, trou in Junie in George.
Gelukkig ondersteun sy hom 100% in sy rugby, want dalk moet hy die Vrydag na Suid-Afrika vlieg, die Saterdag trou en die Sondag terugvlieg na Engeland.

DuRandt kom uit ‘n rugbyfamilie waar almal hom ten volle ondersteun en nog altyd gehelp het om sy drome te laat waar word.
Pa Robert (George 1ste, SWD o.19, SWD o.21, SWD Amateur), Malan (George 1ste, SWD o.19, SWD o.13) en die res van die gesin hoop dat Nick Mallet die waarde in hom sien sodat hy in Nieu- Seeland sal uitdraf.
00:00 (GMT+2), Thu, 19 May 2011
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

In future Detroit, USA, abandoned brick apartment buildings from better...
This family comedy follows the exploits of 11-year-old Alexander (Dylan...
 Former CIA operative Peter Devereaux (Pierce Brosnan) is brought back...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
What are your plans this festive season?
Going away with the family
George Herald 5%
Taking a trip
George Herald 6%
Staying home
George Herald 85%
Still deciding what to do!
George Herald 4%
Men
Women
Search
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 47.
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 59.