SA toutrek klubkampioenskappe

SUID-KAAP NUUS - Hartenbos-toutrekklub sal hierdie Saterdag gasheer wees vir die 2012 Suid-Afrikaanse klubkampioenskappe.

Toutrekspanne van verskeie klubs, beide seniors en juniors, neem deel aan die kompetisie. Spanne neem hoofsaaklik in drie kategorieë, naamlik mans-, vroue- en gemengde afdelings deel. Verder word spanne ook in verskeie gewigsafdelings verdeel. Die algehele klubkampioene sal aan die einde van die toernooi aangekondig word.

Die kompetisie begin om 9:00 Saterdagoggend by die amfiteater in Hartenbos. Toegang is gratis om sodoende aan elkeen die geleentheid te bied om een van Suid-Afrika se tradisionele sporte saam te kom geniet. Die dag beloof om vol opwinding en gesonde sportgees te wees met heerlike kosstalletjies om van te kies en te keur.


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald