Suzuki brei waarborg uit

Suzuki Suid-Afrika het 'n nuwe meganiese waarborg vir 200 000 km of vyf jaar bekend gestel.

MOTOR  NUUS - Suzuki Suid-Afrika het 'n nuwe meganiese waarborg vir 200 000 km of vyf jaar bekend gestel.
 
Die promosie vervang die huidige waarborg van drie jaar of 100 000 km en word by die voertuig se prys ingesluit.
"Oor die afgelope paar jaar het ons baie hard gewerk om ons kliëntediens te verbeter en ons handelaarnetwerk uit te brei. Die doel hiermee is om goeie diens deur die maatskappy binne die bereik van meer Suid-Afrikaners te plaas.
 
"Ons het ook ons waarborg- en diensplanne verbeter sodat dit makliker en meer verstaanbaar is," volgens André Venter, afdelingshoof vir verkope en bemarking by Suzuki. "Die uitbreiding na vyf jaar of 200 000 km dui op sukses-volle voltooiing van die projek."
 
Die nuwe meganiese waarborg waarborg die perfekte werking van elke Suzuki en sal alle koste dek in geval van 'n meganiese probleem, buiten probleme weens misbruik, 'n gebrek aan voorgeskrewe instandhouding of 'n voertuigongeluk.
 
"Om seker te maak ons bied die grootste moontlike voordeel aan ons klante, het ons 'n ooreenkoms met die Automobile Assosiasie (AA) uitgebrei om vyf jaar gratis padbystand te bied," sê Venter.
 
Dit sluit ook dienste in soos hulp met die ruil van 'n pap band, pap battery of, hulp wanneer die sleutel per ongeluk in die voertuig toegesluit word. Die AA sal ook help met 'n brandstofprobleem en telefoniese padaanwysings. Die AA sal ook boodskappe deurstuur na vriende en familie stuur in 'n noodsituasie.
 
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald