Seuntjie (12) in fratsongeluk oorlede

Wyle Rajan Appels (12)

GEORGE NUUSFLITS - Rajan Appels (12), ’n gr. 7-leerder van Conville Primêr se lewe is deur ’n fratsongeluk, wat op Saterdag 8 April plaasgevind het, kort geknip. Hy is die volgende dag oorlede.
 
Rajan, jongste seun van Frederick en Johanna Appels van Maraiskamp, het met sy fiets gery toe hy geval en in ’n oop stormwaterpyp in Mentzstraat in Conville beland het.
 
Hy het sy fiets huis toe gedra en begin kla van 'n pyn in sy kop en is dadelik na die George-hospitaal geneem. Hy is onmiddellik weens die vermoede van bloedklonte op die brein na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad verwys. Rajan het in die ambulans gesterf.
 
Die begrafnis vind plaas op Saterdag 22 April om 09:00 by die huis in Marlynstraat te Maraiskamp en daarna by die St Paul’s Anglikaanse kerk, Kwartelstraat, Conville, om 10:00.

Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald