Rosemoor Primêr gerat vir 2017

Piekfyn uitgevat vir die nuwe jaar is van links Kyle Viljoen, Jeshmain Geduld, Curtis Moekoena, Jaydene Pedro, Deno Robertson en Megan Twigg.

GEORGE NUUS - By Rosemoor Primêr het die eerste dag van skool redelik glad verloop met 30 nuwe Gr1's teenoor 24 in 2016.
 
Skoolhoof Lionel Muller en sy personeel het bontgestaan om te sorg dat vanjaar se 880 leerders almal met die lui van die klok met klasse kon begin.
 
Die onderwysers, boeke en skryfbehoeftes was alles in plek en gerat vir 'n goeie 2017. Die Gr2 en Gr3 klasse is oorvol met 41 leerders per klas.
 
"Ongelukkig moes ons van die ouers wat hulle kinders nog wou inskryf in dié klasse wegwys. Wat betref die Gr1's help dit geweldig dat die meerderheid van hulle reeds GrR voltooi het en dus beter voorbereid is vir hule skoolloopbaan."
 
 
Rosemoor Primêr se Gr1's was gestrik en getooi en gereed vir die nuwe jaar. Van links is: Kyle Stephanie van Rooyen, Shereeniique Thys Lu-Keisha Manus en Kelsey du Plessis.
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' 


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald