Translux-bus brand op N2

Die bus wat gebrand het. Foto: Verskaf

GEORGE NUUS - Alle passasiers op 'n Translux-bus kon in die vroeë ure van Saterdagoggend (7 Januarie) veilig die bus ontruim voordat dit op die N2-snelweg deur vlamme verswelg is.
 
Die wrak het ure later nog op die hoofweg naby Swartvlei, oorkant die meubelfabriek Botha en Barnard, gestaan terwyl provinsiale verkeersbeamptes 'n oog op verkeer gehou en gewag het op die insleepdiens.
 
Die pad was weer oop vir verkeer nadat opruimingswerk na 07:00 voltooi is.
 
Volgens Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, is al die passasiers kort na die voorval met 'n ander bus na hul bestemmings vervoer.
 
Die bus was onderweg rigting George.
 
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
 
* Passengers travelling on a Translux bus were safely evacuated before it was engulfed by flames and burnt out completely in the early hours of Saturday (7 January) alongside the N2 near Swartvlei. The cause of the fire is unknown and no one was injured.
 
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' 


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald