Kwaggas spog met 100% slaagsyfer

Vurige Kwaggas juig van blydskap. Van links is: Shanna Smith, Natley Barnardo, Kerishnee Pietersen, Carryn Fortuin, Chanelle Adonis, Nissi Jansen en Mary-Jo Fortuin.

GEORGE NUUS - Outeniqua Hoërskool se personeel en leerders is triomfantlik oor hul harde werk gedurende 2016.
 
Die atmosfeer tydens die matriekuitslae-seremonie was vol vreugde en entoesiasme.
 
Uit die 313 studente wat die eksamen afgelê het, het 58 van die kandidate 'n A-gemiddeld behaal, 30 kandidate slaag met meer as 85% en 10 kandidate het bo 90% behaal.
 
Die skoolhoof, Christo Vorster, is baie trots op die leerders en sê, "na verlede jaar se harde werk is dit ons kersie op die koek".
 
Vorster het ook sy lof uitgespreek oor die verskeie laerskole vir die goeie fondasie wat hulle vasgelê het. "Dit het aansienlik bygedra tot leerders se sukses op hoërskool."
 
 
 
Outeniqua-leerders wag in spanning vir hul uitslae buite die skoolsaal.  
 
FOTO'S: BRüMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-JOERNALIS 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald