Pacaltsdorp Sekondêr kry matriekuitslae

Ons is reg vir die studente-lewe! Shuné Claassen (links) het aansoek gedoen om onderwys te studeer by NMMU in Port Elizabeth. Saam met haar is Michaela Pretorius, die skool se sekretaresse Shirley Fortuin, Ennie Makhaga en Asemahle Kana. Ennie mik vir 'n toekoms in die regte en Asemahle wil graag 'n onderwyser word.

GEORGE NUUS - Bykans 30 % van die matrieks by Pacaltsdorp Sekondêre Skool het gedruip.
 
Die skool se slaagsyfer vir vanjaar is 70,6% teenoor verlede jaar se slaagsyfer van 78,4%. Die waarnemende skoolhoof, Lloyd Petersen, het gesê dat hulle geen A-kandidate het nie, maar wel 'n paar uitblinkers met 'n hoë B-gemiddeld.
 
"Ronaldo Cedras, Queny Mingo en Rukayla Ruiters het baie goed presteer en die skool se naam hoog gehou," het hy gesê.
 
Altesaam 29% van die matrieks het geslaag met universiteitstoelating, 43% kan vir 'n diploma-kursus aansoek doen en 28% het geslaag met 'n matrieksertifikaat. Petersen het die leerders wat geslaag het geluk gewens en diegene wat gedruip het aangemoedig om harder te probeer.
 
"Leerders wat nie geslaag het nie moet voor 19 Januarie aansoek doen vir 'n hereksamen wat gewoonlik in Februarie of Maart plaasvind," het hy gesê. Hy het die onderwysers bedank vir hulle harde werk.
 
 
 
Queny Mingo, Ronaldo Cedras en Rukayla Ruiters is in hul noppies met 'n hoë B-gemiddeld.
 
ARTIKEL & FOTO'S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald