KKNK se Kuier Connections ook in George

SUID-KAAP NUUS - Die ABSA KKNK bied vanjaar sommer twee Kuier Connections aan. Met kunstenaars soos Karin Kortjé (in George) en Crushanda Forbes (op Oudtshoorn), kookdemonstrasies, 'make-overs' en hope gelukstrekkings sal feesgangers dit beslis nie wil misloop nie.

Kuier Connections in George is op Saterdag, 31 Maart van 10:00 tot 14:00 by Hoërskool George in Missionstraat.

Registrasie is vanaf 09:00. Die kaartjies kos slegs R70 per persoon en sluit middagete en 'n geskenksakkie in.

Kuier Connections op Oudtshoorn is op Saterdag, 7 April van 10:00 tot 14:00 by Bridgton Sekondêre Skool, Berginstraat. Registrasie is vanaf 09:00. Die kaartjies beloop R70 per persoon, met middagete en 'n geskenksakkie ingesluit.

Kaartjies is te koop by Computicket, of kontak Jenny Josephs op Oudtshoorn by 083 738 5163, of Tanita da Silva in George by 044 871 7794.

Daar is slegs 250 kaartjies per geleentheid beskikbaar.


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald