Translate to: 
Bethesda huisves hoop
Bethesda huisves hoop
Churelle Roelf, ‘n versorger by Bethesda, deel ‘n oomblik met Rosy Zweni van Thembalethu wat die laaste twee maande by Bethesda deurbring. Rosy se groot begeerte is om haarself met breiwerk te kan besig hou.
GEORGE - Kort na Wanita Filgate se 16de verjaarsdagviering op 2 April is sy inderhaas na Bethesda Hospies gejaag waar sy deesdae baie van haar dae deurbring.
Wanita is drie jaar gelede gediagnoseer met ‘n ongeneeslike en baie skaars neurologiese siekte wat die degenerasie van die brein en sentrale senustelsel veroorsaak.

In vorige artikels (George Herald, 17 September en 15 Oktober laasjaar) is breedvoerig berig oor die dapper Wanita wat altyd glimlag, en haar pragtige gesin.
Volgens haar ma, Delia Baptista, wat voltyds na Wanita omsien, spandeer sy al hoe meer tyd in Bethesda Hospies waar sy eersteklas versorging ontvang.

Bethesda se personeel is opgelei om mense met Vigs, kanker, TB en ‘n verskeidenheid ander siektes - meestal ongeneeslik - te behandel. Die pasiënte moet dikwels vir lang tydperke, indien nie permanent nie, by Bethesda tuisgaan.
Met Wanita se gereelde besoeke aan Bethesda het Delia agtergekom dat daar werklik nie veel afleiding vir die pasiënte is nie. Sy het dit goedgedink om lig op die probleem te werp en vra die publiek vir hul ondersteuning om hierdie mense se lewens te verbeter.

Dringende versoek
Drie van die ses eenhede het houtvloere wat blykbaar moeilik is om skoon te hou.
Die planke is die ideale teelgrond vir mikro-organismes en bemoeilik die personeel se taak om uiters higiëniese toestande te handhaaf waarin pasiënte se wonde spoedig kan heel.
Volgens die personeel is alternatiewe vloere die grootste probleem wat die hospies tans ondervind.
Die hoofsuster se wenslys
‘n Mikrogolfoond om pasënte se kos mee te verhit, twee bloeddrukapparate (elektronies en handmodel), flitse, ‘n baba- en volwasse-skaal, gordyne of blindings, verwarmers (verkieslik muurverwarmers), drupstaanders vir die babasaal, uriniensakstaanders, wolkomberse vir die pasiënte in rolstoele, wol en breipenne om die pasiënte besig te hou, waaiers vir die warm dae, urienbottels en bedpanne, ‘n fotokopieermasjien, ‘n glukosemeter, en ‘n skootrekenaar vir die bestuurder.
Besoek Bethesda Hospies by Beerstraat 22, Rosemoor of kontak hulle by 044 875 8088. Delia is ook bereid om donasies vir Bethesda weekliks af te lewer. Kontak Delia by 078 240 3464.

Artikel en foto's: Michelle Pienaar


Susters Jane Magerman en Felicity Omarjee kuier saam met Delia en Vic Baptista by hul oudste spruit, Wanita. Foto: Michelle Pienaar
16:34 (GMT+2), Wed, 14 April 2010
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

Horoscopes

Movie Trailers

 While on a solo expedition on a yacht in the Indian Ocean, a...
Jean and Sheryl are getting married. He is Afrikaans. She is Jewish. Their...
An air marshal springs into action during a transatlantic flight after...
 The true story of Paul Potts, a shy, bullied shop assistant with a...
 Three best friends find themselves where we've all been - at that...

Games

The race around the whole has started! Crank up the gas on your super bike...
Hot Rods Racing is a fun online game with several playing modes including a...
In the card game Solitaire, the goal is to stack up the cards from Ace to...
Race your opponents all the way to the finish line on your trusty quad bike...
Voting Poll
The organisers of the George Cheese Festival, Outeniqua Primary’s annual fundraiser, has to find new premises in terms of the new Liquor Bill that forbids the sale of alcohol on school premises. No special or temporary licences may be awarded to a school. Do you support this clause?
Yes, schools should never be associated with alcohol.
George Herald 37%
No, alcohol is part of life. Kids see it everywhere so this law is hypocritical.
George Herald 9%
No hard tack should be allowed, but a wine and malt licence should be granted for special events.
George Herald 54%
Men
Women
Search
I'm a 53 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 53.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 75.